KOM LOER IN...
Die Garden World-lentefees duur van Vrydag 28 Julie tot Sondag 3 September. Die tema is “Colour my World” en jy kan uitsien na 18 skoutuine, elk geskep met die doel om waterwys tuin te maak en bye te lok; daar is ook opvoedkundige uitstallings, tuinopknappe en aanbiedings deur kenners. Vanjaar se Kirstenbosch Suid-Afrika-uitstalling, wat twee pryse by die Chelsea-blomskou opgeraap het, sal by die lentefees herskep word. Bel Garden World by 011 957 2545, 011 956 3003 of 083 997 6142, of besoek gardenworld.co.za, vir nog inligting.