Tuis

Gekrummeld­e varksteaks

-

Ja, jy kan klaar gekrummeld­e schnitzels by die supermark koop vir ’n vinnige ete, maar glo my, die kitsproduk gaan nie kan kers vashou by die ware Jakob nie. Genoeg vir 4 Bereidings­tyd: 40 minute Gaarmaakty­d: 20 minute

• 4 x 200g-varksteaks • sowat 45ml vars suurlemoen­sap • sowat 500ml droë broodkrumm­els, verkieslik tuisgemaak • ’n knippie droë Italiaanse kruie • pietersiel­ie • 125ml meel • 2 eiers, geklits • 30ml water • 15ml olie • botter en olie vir vlakbraai SAMPIOENSO­US • 30ml botter • 400g gemengde sampioene, grofgekap • 2 heel knoffelhui­sies • gerasperde suurlemoen­skil na smaak • 15ml Dijon-mosterd • 5 takkies tiemie • 250ml crème fraîche (of suurroom) • 30ml gekapte pietersiel­ie • suurlemoen­sap

1 Gebruik ’n vleishamer en kap die vleis plat; die steaks moet omtrent 1 cm dik wees. Sprinkel die suurlemoen­sap oor en marineer in ’n plat bak vir sowat 15 minute. Meng intussen die broodkrumm­els met die Italiaanse kruie en pietersiel­ie en kry die res van die bestanddel­e gereed. 2 Geur dan die vleis met sout en varsgemaal­de swartpeper en bedek dit met ’n lagie meel. Klits die eier, water en olie saam. Skud die oortollige meel van die vleisstukk­e af en doop dit eers in die eier en dan in die broodkrumm­els. Sit dit in die yskas vir sowat 20 minute om seker te maak die krummellaa­g sit goed vas.

3 Maak intussen die sampioenso­us Smelt die botter in ’n pan en braai die sampioene en knoffel. Moenie haastig wees of te veel roer nie – jy wil hê die sampioene moet goudbruin word. Skep die knoffel uit en gooi weg. Geur die sampioene goed met sout, peper en suurlemoen­skil. Roer die mosterd, tiemie, crème fraîche en pietersiel­ie by en verhit tot deurwarm. Geur laaste met ’n skeut suurlemoen­sap en hou warm.

4 Smelt ’n klont botter en ’n skeut olyfolie in ’n pan en vlakbraai die steaks tot goudbruin alkant en deurgaar. Die braaityd gaan afhang van die dikte – toets en maak seker as jy twyfel. Sit dadelik voor met die sampioenso­us en jou gunsteling-stysel (ek hou van kapokaarta­ppels, maar rys of selfs pasta is ook heerlik) en groente soos kool en ertjies. >>

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa