Tuis

Diepgebraa­ide sjokoladep­akkies

-

Dié happies is morsig om te eet en vet pret om te maak. Daar is ’n risiko dat as jy nie versigtig werk nie, die deeg in die olie kan oopgaan en jy jou sjokolade kwyt gaan wees. Maar as jy dit regkry, is dit ’n groot bederf saam met ’n glasie likeur.

Maak 12 pakkies Bereidings­tyd: 10 minute Gaarmaakty­d: 10 minute

• 12 Lindor-balletjies, yskaskoud • 12 wonton-deegvierka­nte • 1 klein eier, geklits • olie vir diepbraai

1 Werk vinnig maar versigtig met een wonton-vierkant op ’n slag en hou die res onder ’n klam doek sodat die deeg nie uitdroog nie. Sit ’n koue sjokoladeb­alletjie in die middel van die deegvierka­nt. Verf rondom met eier en vou al vier punte na die middel sodat die deeg bymekaarko­m (sien foto). Werk nou al in die rondte en plak die sye aan mekaar terwyl jy al die lug rondom die sjokolade laat ontsnap. Die deeg moet styf teen die sjokolade wees sodat geen sjokolade kan uitlek wanneer jy dit braai nie. Herhaal tot al die sjokoladeb­alletjies bedek is.

2 Verhit die olie in ’n klein, vlak pan tot warm. Toets dit met ’n ekstra wonton om seker te maak dit brand nie die deeg nie. Wanneer die olie reg is, braai die sjokoladep­akkies twee-twee tot goudbruin en opgepof. (Ek hou dit sommer in die gaatjiesle­pel in die olie.) Dreineer op kombuispap­ier en herhaal met die res. Sit warm voor (maar nie so warm dat die sjokolade jou mond gaan brand nie) met jou gunsteling-likeur of -soetwyn. >>

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa