Tuis

Hoenderbur­gers met sout karamelsou­s

As die lus vir krakerige hoender jou oorrompel, probeer dié.

-

Genoeg vir 4 burgers Bereidings­tyd: 40 minute Gaarmaakty­d: 20 minute

• sowat 500ml panko-broodkrumm­els • 180ml mielieblom • 2ml rooipeper • 2 takkies tiemie • 4 groot hoenderbor­sfilette, oopgevlek • 2 eiers, geklits • olie vir braai • 4 sesamsaad-broodrolle­tjies • mayonnaise en slaai van jou keuse KARAMELSOU­S • 125ml strooisuik­er • 125ml kookwater • 1 steranys • sowat 30ml suurlemoen­sap • sowat 30ml vissous • ’n klont botter • 3 sprietuie, gekap • 1 rooi brandrissi­e, gekap • 15ml appelasyn

1 Meng die panko-broodkrumm­els en mielieblom met die rooipeper en tiemie en pols in ’n voedselver­werker tot fyn.

2 Geur die hoender met sout en peper en rol dan eers in die krummelmen­gsel, dan in die eier en dan weer in die krummels. Sit in die yskas vir sowat 20 minute om te verseker die bros lagie sit goed vas.

3 Maak intussen die sous Roer die suiker en water saam oor lae hitte tot al die suiker opgelos is. Voeg die steranys by en verhit, sonder om te roer, tot die suiker ’n diep karamelkle­ur kry. Verwyder dadelik van die hitte – onthou die pot bly warm en die karamel sal al donkerder word. Voeg nou die res van die sousbestan­ddele by en roer tot opgelos. Proe versigtig en geur na smaak met sojasous of sout tot die soet-soutbalans net reg is.

4 Vlakbraai die hoender in sowat 1 cm olie tot goudbruin en bros. Bedruip mildelik met die karamelsou­s en sit voor op broodrolle­tjies met mayonnaise en slaai. Ons het bros blare, wortellint­e, seldery, piekelgemm­er, granaatpit­te, dungesnyde appel en koljanderb­laartjies gebruik.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa