Tuis

Steak-en-sampioenso­p

-

Onder R125 • Genoeg vir 4 Bereidings­tyd: 15 minute • Gaarmaakty­d: 30 minute

• 400g kruissteak (“rump”) • 30ml elk botter en olyfolie • 2 wit uie, fyngesny • 3 knoffelhui­sies, fyngekap • 400g sampioene, gekap

• 250 ml ligte bier • 3 takkies vars origanum • 1,5 liter aftreksel • 60 ml meel • 60 ml platblaarp­ietersieli­e • vars brood en botter

1 Sny enige vet van die steak af en sny die vet in klein blokkies. Braai dit uit in ’n groot, warm pot en braai dan die steaks daarin tot alkante geseël maar nog pienk binne. Skep uit, voeg die botter en olie by die pot en braai die uie, knoffel en sampioene tot sag en geurig. 2 Roer die bier en origanum by en kook vir 2 minute tot die vloeistof met die helfte ingedamp het. Meng die aftreksel bietjie vir bietjie by die meel tot glad en voeg dit ook by die pot. Laat prut rustig vir sowat 20 minute. 3 Sny die steak in dun repies en roer by die sop net voor opdiening. Verwyder die pot van die hitte en laat staan vir ’n paar minute sodat die vleis kan warm word – op dié manier bly die vleis sappig en word dit nie oorgaar en taai nie. Geur na smaak met sout en peper en strooi die gekapte pietersiel­ie oor. Sit voor met brood en botter.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa