Tuis

Kom kuier saam met vanjaar se top-5 opknappers by ons Regruk met Flair-gala!

Opskud, dis jou laaste kans om jou plek by ons gala te bespreek – hoor eerste wie is die wenners van vanjaar se Regruk met Flair-kompetisie!

-

In Maart het ons opknappers genooi om foto’s in te stuur van hul vernuftige regrukproj­ekte. En nou is dit tyd dat ons die wenners van ons jaarlikse Regruk met Flair-kompetisie aankondig. Kom kuier saam by dié uithang geleenthei­d!

Vanjaar is die gala weer op die lieflike Le Bac-landgoed in die Paarl, met die asemrowend­e Drakenstei­nberge as agtergrond. Die radio-en-TV-persoonlik­heid Tracey Lange is die gasvrou en die sangsensas­ie Leah sal sorg vir die vermaak.

Met jou aankoms sal jy bederf word met heerlike snoepgoed en ’n glas vonkelwyn; later sal jy smul aan ’n laatontbyt terwyl jy na ons kos- en selfdoen-demonstras­ies kyk. En dan die hoogtepunt van die dag: die aankondigi­ng van 2017 se Regruk met Flair-wenners.

WANNEER Saterdag, 11 November WAAR Le Bac-landgoed, R45, Paarl TYD 09:30 vir 10:00 tot 13:00 KOSTE R395 (dit sluit die laatontbyt, vermaak, die jongste uitgawe van Tuis en Tuis Opknap, verskeie geluksprys­e en ’n fantasties­e geskenkpak in) OM TE BESPREEK Stuur e-pos na Roxanne.Cloete@media24.com; plek is beperk en bespreking­s sluit Vrydag, 3 November 2017.

 ??  ?? Tracey Lange Leah
Tracey Lange Leah
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa