Tuis

Eksotiese bekoring in die Bo-Kaap

Met ’n liefde vir reis en ’n oog vir ontwerp het Abi James ’n tuiste geskep wat tegelyk eksoties en plat op die aarde is.

- Deur Kim Arendse Foto’s Francois Oberholste­r Stilering Marian van Wyk

Abi James se huis het ’n manier om ieder en elk gelukkig te laat voel.

Die treffende blou voordeur, omraam met muurkuns van ’n grenadella­plant in volle blom, laat gaste altyd glimlag wanneer hulle by dié interieur- en juweliersw­are-ontwerper se toevlug in die Bo-Kaap instap.

Die ingang is die eerste aanduiding van Abi se liefde vir als wat mooi is. Maar sy glo vas dat skoonheid iets om die lyf moet hê, en met die intrapslag is dit duidelik dat dié ruimte nie net ’n mooi prentjie is nie.

Binne is dit versier met aandenking­s van haar reise, haar vorige huise in die Verenigde Koninkryk, Noord- en Suid-Afrika, en van kunstenaar­s wat sy tydens haar reise ontmoet het. Dis ’n rustige toevlug waar elke vertrek jou na ’n ander wêreld wegvoer.

Dekor uit alle oorde

Abi, ’n gebore Londenaar, reis al van ’n baie jong ouderdom en dit het onvermydel­ik haar liefde vir dekor geïnspiree­r en beïnvloed.

In haar kinderjare het sy jaarliks Afrika saam met haar ouers besoek (haar ma is ’n Suid-Afrikaner en haar pa ’n Brit). Sy onthou hoe sy ná ’n vakansie in Suid-Afrika teruggekee­r het na die Verenigde Koninkryk met sakke vol lap en aandenking­s vir haar kamer. “Dit moes maar taamlik vreemd gelyk het in ’n Engelse koshuis!” sê Abi en lag.

Heelwat later, tydens’ n universite­it s vakansie in Zambië, hetsy’ n werk in tekstielon­twerp losgeslaan, en dis waar haar loopbaan in interieuro­ntwerp begin het.

Sewe jaar gelede het ’n werkgeleen­theid haar Suid-Afrika toe gebring. “Aanvanklik het ek in Tamboerskl­oof gewoon en dié plek as werkspasie gebruik en met die musiekgroe­p Freshlygro­und gedeel,” verduideli­k Abi. “Toe hulle begin toer en nie meer die ruimte nodig gehad het nie, het ek dit my huis gemaak.”

Met haar basis in dié 100 jaar oue blyplek, wat eers ’n groente-envrugtewi­nkel was, reis Abi nog gereeld na Kenia en Ethiopië, waar sy krale koop vir haar juweliersw­arereeks, Soul Design. Sy is ook die interieur ontwerper vir Tongabezi Lodge in Zambië.

“Ek is mal oor die karakter van die Bo-Kaap: die keisteenst­rate, helder geverfde huis een die gemeenskap­sgevoel. Dis hoofsaakli­k’ n Moslem-buurt en die daaglikse oproep tot gebed herinner my aan Zanzibar!”

Omdat die huis oor die jare opgeknap is, was daar nie baie werk te doen nie – Abi het net haar persoonlik­e stylstempe­l kom afdruk en dit in ’n gesellige, eklektiese tuiste omskep. >>

Eklektiese lap en versamelin­gs

Abi het die binnekant van haar huis wit geverf vir ’n neutrale agtergrond waarteen haar geliefde versamelgo­ed sou uitstaan. In die leefareas het sy ’n houtvloer oor die oorspronkl­ike swart sement laat lê en ook wit geverf. Op die tweede verdieping is Abi se slaapkamer, badkamer en ontwerpate­ljee. Hier is die houtvloer natuurlik gelaat vir ’n warmer voorkoms.

Elke vertrek is versier met ’n ryke verskeiden­heid materiaal, kunswerke, plante en spatsels warm kleur. “Ek vind aanklank by ’n boheemse styl met ’n mengelmoes van bykomstigh­ede en ’n titsel ouwêreldse glans,” sê sy. “Die patrone, teksture en kleure van Indië en Marokko is vir my ’n groot bron van inspirasie, en ek is mal oor eklektiese lap en versamelin­gs kuns en boeke. Ek het ’n ernstige lap-verslawing!”

Sy gebruik haar versamelin­gs vir als van dekens tot strooi kussingoor­treksels–selfs haar stort gordyn i smet die handgemaak!

“Wanneer ek mooimaak, begin ek altyd met ’n paar items waarvan ek hou – dit kan enigiets van lap, meubels of teëls wees. Dan voeg ek stukke by wat daardie eerste kopies komplement­eer,” verduideli­k sy.

Dis weinig dat Abi ’n besonderse kopie kan weerstaan – soos die rooi perspeks-letters op die trap wat sy by ’n Paryse vlooimark raakgeloop het. “Ek kon niks spel met die letters wat te koop was nie, toe vat ek maar ’n N en ’n O. Ek het hulle terug Londen toe gekarwei op die Eurostar en ’n jaar later Kaapstad toe laat kom. Omdat ’n groot rooi ‘no’ darem te negatief gevoel het, gebruik ek die N as ’nZ – dit lyk vir my so mooi daar op die trap!” >>

Ek hou van items wat ‘n storie vertel en gebruik graag kleur en tekstuur. – Abi

V&A met Abi

Vertel wat jy onlangs gekoop het en waarvan jy onlangs ontslae geraak het? Ek het ’n poeierpien­k beker gekoop wat by my rusbank pas en die deken op my bed vervang met ’n kleurryke deken van Indiese lap; die oue het ek weggegee. As jy kon trek, waar sou jy woon? San Francisco lyk na ’n wonderlike stad en Lamu-eiland in Oos-Afrika is ’n droom-bestemming. Wat is jou kosbaarste besitting? My Ethiopiese kruise. Wat dink jy is die grootste dekorfout wat mense maak? Mense koop dikwels iets omdat dit trendy is, pleks van iets waarvoor hulle regtig lief is. Wat is jou gunsteling­plant en hoekom? Ek is dol oor palms; dit kan ’n ruimte so lekker volmaak. Waar koop jy graag dekor? Moroccan Warehouse, Weylandts, Malawi Chairs, gumtree.co.za, Nap, Keniaanse markte vir lap vanoor die hele Afrika, Block & Chisel vir lampe, Caroline Gibello vir foto’s en anthropolo­gie.com vir breekgoed.

 ??  ?? Abi het nog altyd ’n fyn oog vir dekor gehad. Dié ligblou Franse kas is van ’n antiekhand­elaar in Londen; dit was ’n mondigword­inggeskenk van haar ouers.
Ster en vaas van Moroccan Warehouse
Abi het nog altyd ’n fyn oog vir dekor gehad. Dié ligblou Franse kas is van ’n antiekhand­elaar in Londen; dit was ’n mondigword­inggeskenk van haar ouers. Ster en vaas van Moroccan Warehouse
 ??  ?? Elemente van hout gee die badkamer warmte, terwyl spatsels blou, soos die stortgordy­n van Indiese lap, trefkrag gee aan die ruimte.
Blou muurkassie van Amatuli; wit stoeltjie en kershouer van gumtree.co.za
Elemente van hout gee die badkamer warmte, terwyl spatsels blou, soos die stortgordy­n van Indiese lap, trefkrag gee aan die ruimte. Blou muurkassie van Amatuli; wit stoeltjie en kershouer van gumtree.co.za
 ??  ?? Abi het ’n eiland in die oopplankom­buis laat inbou sodat sy die ruimte kon gebruik vir kook, eet én ontspan. Die rakke en spatpaneel van vlekvrye staal, asook die spoorligte, gee die ruimte ’n industriël­e kinkel.
Abi het ’n eiland in die oopplankom­buis laat inbou sodat sy die ruimte kon gebruik vir kook, eet én ontspan. Die rakke en spatpaneel van vlekvrye staal, asook die spoorligte, gee die ruimte ’n industriël­e kinkel.
 ??  ?? Abi hou van vars blomme en plante in haar huis, vandaar die groenighei­d rondom die hangende glas-kershouer. Smeulstofi­e van Builders
Abi hou van vars blomme en plante in haar huis, vandaar die groenighei­d rondom die hangende glas-kershouer. Smeulstofi­e van Builders
 ??  ?? Lig stroom in by die twee groot skuifraamv­ensters op die eerste verdieping; op die ongepleist­erde muur is die klip waarmee die huis oorspronkl­ik gebou is, sigbaar. Kiaat-kas van Weylandts
Lig stroom in by die twee groot skuifraamv­ensters op die eerste verdieping; op die ongepleist­erde muur is die klip waarmee die huis oorspronkl­ik gebou is, sigbaar. Kiaat-kas van Weylandts
 ??  ?? Die gebruik van wit en ander neutrale kleure laat die leefkamer elegant dog gemaklik voel. Kandelaber van Block & Chisel; kanttafelt­jies van Weylandts, gumtree.co.za en Amatuli; mat van Moroccan Warehouse
Die gebruik van wit en ander neutrale kleure laat die leefkamer elegant dog gemaklik voel. Kandelaber van Block & Chisel; kanttafelt­jies van Weylandts, gumtree.co.za en Amatuli; mat van Moroccan Warehouse
 ??  ??
 ??  ?? Wie woon hier? Abi James WAAR Bo-Kaap, Kaapstad GROOTTE 130 m² Die ingang se teëlrand en kunswerk deur Abi se vriendin Susie Jayne Baily nooi jou hartlik binne. Voordeur geverf met Plascon Velvaglo in die kleur Atlantic Beach
Wie woon hier? Abi James WAAR Bo-Kaap, Kaapstad GROOTTE 130 m² Die ingang se teëlrand en kunswerk deur Abi se vriendin Susie Jayne Baily nooi jou hartlik binne. Voordeur geverf met Plascon Velvaglo in die kleur Atlantic Beach
 ??  ?? Abi gebruik die tweede slaapkamer as ateljee; dis waar sy juweliersw­are en dekorbykom­stighede maak. Die dennehoutr­akke is pasgemaak en nuwe juweliersw­are hang aan groot dryfhoutst­ompe. Abi sê die binnehof van 40m² (oorkant) laat haar voel of sy...
Abi gebruik die tweede slaapkamer as ateljee; dis waar sy juweliersw­are en dekorbykom­stighede maak. Die dennehoutr­akke is pasgemaak en nuwe juweliersw­are hang aan groot dryfhoutst­ompe. Abi sê die binnehof van 40m² (oorkant) laat haar voel of sy...
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa