Tuis

Ougoed of hougoed

-

Te veel skade Fanny Joubert van Ballito skryf Kan julle dalk sê hoeveel dié skildery min of meer werd is? Die raam is taamlik beskadig en daar is ’n skeurtjie in die doek.

Kayleen Wrigley van Stephan Welz & Co.

antwoord Dié skildery kom waarskynli­k uit die 1930’s. Dit was in hierdie tydperk dat Romanelli heelwat skilderye vir die uitvoermar­k gemaak het, meestal van Italiaanse landskappe, en portrette. Ongelukkig kort dié werk heelwat herstelwer­k, wat die waarde verlaag. In ’n goeie toestand kan dit tot R8 000 haal.

’n Lieflike landskap

Kathy Linden van Benoni skryf Ek wil graag meer weet oor dié skildery; het dit enige waarde?

Kayleen antwoord Dié werk deur Piet van Emmenis lyk of dit die grasbedekt­e voetheuwel­s van die Overberg uitbeeld met ’n pragtige berglandsk­ap in die agtergrond. Van Emmenis was oorwegend ’n landskapsk­ilder wat inspirasie geput het uit die verskeiden­heid landskappe wat SuidAfrika bied. Op ’n veiling verwag ons dat so ’n werk R3 000 tot R5 000 sal haal, maar sy werk het al in die verlede vir tot R10 000 verkoop.

 ??  ?? OUDERDOM 1940’s WAARDE R3 000–R5 000
KONTAK stephanwel­zandco.co.za
OUDERDOM 1940’s WAARDE R3 000–R5 000 KONTAK stephanwel­zandco.co.za
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? OUDERDOM 1930’s WAARDE R2 000
OUDERDOM 1930’s WAARDE R2 000

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa