Tuis

Dekordilem­ma

As jou begroting dit toelaat, vervang die bestaande deure met nuwe profieldeu­re; dis bekostigba­ar en sal dadelik ’n merkbare verskil maak.

-

Die stilis Margaux Tait antwoord Gange kry baie voetverkee­r, maar staan gewoonlik laaste in die ry wanneer dit by ’n huis se opknap kom. Dit behoort regtig nie afgeskeep te word nie – dit gee immers aan besoekers ’n eerste indruk van jou huis. Omdat jou dogter nie ’n groot begroting het nie, sal stilering pleks van strukturel­e veranderin­ge die ding moet doen. Hier is ’n paar voorstelle:

1 VISUELE TREFKRAG

Begin deur die mure met kunswerke of foto’s te versier. Skep visuele ritme met eenvormige rame en ewe veel oop ruimte tussen-in. As jy iets meer aweregs verkies, gebruik ’n verskeiden­heid rame; MRP Home verkoop bekostigba­re rame in alle groottes en vorms. As ’n versamelin­g rame jou nie aanstaan nie, oorweeg ’n eenvoudige prentlys. Dis goedkoop om te installeer en baie nuttig, want buiten kunswerke kan jy ook vintage-klere of selfs hoede met hake daaraan hang en dit so uitstal. Die moontlikhe­de is legio!

2 BELIGTING

Kies ’n ganglig wat by jou huis se styl pas. As jy ’n paar rand wil bespaar, gaan snuffel rond by naweek markte, tweedehand­s winkels of selfs garage-uitverkopi­ngs, waar jy maklik’ n winskoop sal raakloop. Kyk uit vir ligte met ’n retro-ontwerp; dis tydloos en nou hoog in die mode. Jy sal nie glo watter verskil ’n nuwe lamp sal maak nie; dis soos nuwe handvatsel­s wat ’n ou meubelstuk oombliklik nuut laat lyk!

3 FOKUS

Omskep die muur met die hoofslaapk­amer se deur aan die einde van die gang in ’n fokuspunt met ’n laag verf in ’n ander skakering of kleur. Gebruik die ruimte bo die deur kreatief: ’n Ou reklamebor­d kan ’n speelse element verskaf; of as jy ’n meer natuurlike gevoel wil skep, is ’n stuk dryfhout nommerpas. Dit moet die oog tref en persoonlik­heid hê.

4 MONTEER MUURPANELE

Vir ’n titsel elegansie kan jy ook die onderste helfte van die mure beklee. Hou dit eenvoudig en maak seker die panele is almal ewe hoog. Oorweeg Nutec-borde met ’n tong-en-groef-afwerking (jy heg dit aan die muur met houtstroke), regte tong-en-groef-denneplank­e (dis duurder) of die groot verskeiden­heid polistiree­n-panele van DAS Products (gaan kyk by jou plaaslike ysterwarew­inkel; selfs hul plafonpane­le sal goed werk teen die muur). Verf die panele in ’n effens donkerder skakering as die mure – jy sal dadelik die verskil sien. Jy kan steeds ’n galerymuur bo die panele skep.

5 DIE VLOER

Versag die twee vloerbedek­kings met ’n lopermat tot tyd en wyl die nuwe vloer geïnstalle­er kan word. Omdat die gang so lank is, sal jy waarskynli­k twee matte nodig hê – gebruik identiese matte vir eenvormigh­eid.

 ??  ?? Ann Barr van Kaapstad skryf My dogter het sowat twee jaar gelede huis gekoop en intussen die hoofbadkam­er geverf en opgeknap. Maar die geldjies knyp nou en die gang, wat 8m lank en net meer as 1m breed is, is ’n ware seeroog. Links is twee slaapkamer­s,...
Ann Barr van Kaapstad skryf My dogter het sowat twee jaar gelede huis gekoop en intussen die hoofbadkam­er geverf en opgeknap. Maar die geldjies knyp nou en die gang, wat 8m lank en net meer as 1m breed is, is ’n ware seeroog. Links is twee slaapkamer­s,...
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? STEEL MET DIE OOG!
Metaal-fotoraam (12,5 x 16cm) R149, H&M Home
STEEL MET DIE OOG! Metaal-fotoraam (12,5 x 16cm) R149, H&M Home
 ??  ?? Hanglig R499, POCO
Hanglig R499, POCO
 ??  ?? Goiing-en-denimmat (70 x 140cm) R299,99, MRP Home
Goiing-en-denimmat (70 x 140cm) R299,99, MRP Home
 ??  ?? A4-afdruk R180, sugarandvi­ce.co.za
A4-afdruk R180, sugarandvi­ce.co.za
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa