Tuis

Maak eers seker

Doretha Kotze van Moorreesbu­rg skryf

-

In die September 2017-uitgawe was daar ’n inspireren­de artikel, “Blyplek in ’n blikhuis”. (Dis verstommen­d wat vindingryk­e en kreatiewe mense alles doen!) In die artikel word genoem dat geen munisipale goedkeurin­g nodig was nie, omdat die struktuur op ’n plaas opgerig is. Dit wek die indruk dat hierdie praktyk vir alle plase geld. Die Nasionale Bouregulas­ies, soos vervat in Wet 103 van 1977, is egter op alle strukture en grondeenhe­de van toepassing. Aangesien plaaslike munisipali­teite verantwoor­delik is vir die toepassing van die wet, stel ek voor dat lesers die boubeheera­fdeling van hul plaaslike munisipali­teit raadpleeg voordat hulle met enige konstruksi­e begin. Munisipali­teite kan stewige boetes oplê vir ongemagtig­de bouwerk en strukture. Probleme kan ook ontstaan by die verkoop van ’n eiendom wanneer die munisipali­teit moet bevestig dat alle strukture daarop voldoen aan alle toepaslike vereistes voordat oordrag kan plaasvind. Boonop is banke en versekeraa­rs lugtig om verbandlen­ings toe te staan en ’n eiendom te verseker indien strukture op die eiendom nie aan alle vereistes voldoen nie. Ek glo Tuis wil lesers ingelig hou en die korrekte inligting oordra.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa