Tuis

KORTLIKS

-

Dankie aan almal wat jul nuusbriewe saamstel. Dit gee my soveel kykgenot, om nie te praat van die inspirasie nie. Dié tyd van die jaar begin my vingers mos jeuk en werk my verbeeldin­g oortyd aan alles wat ek wil verander voor dit regtig warm word hier aan die Weskus. Ek koop elke maand twee Tuise (die kassier weet al: “Twee, Mevrou?”) – een vir my en een vir ’n vriendin wat die grootste deel van die jaar in Amerika woon. Wanneer Carina terugkom, wag daar ’n fees op haar! Doen so voort. – Elsa Fouché, Velddrif Toe iemand dié stoel op die ashoop wou gooi, toe sê ek: “Hy kort ’n nuwe kans.” – Elisabeth Teir-Opperman, Warner Beach

Nadat albei ons ouers die afgelope twee jaar oorlede is, moes ons drie kinders hul pragtige goed deel: die fynste koppies, mooi kunswerke, uitgerafel­de kant, ou boeke, meubels, ouma Pollie se ou Mercedes en poskaarte wat vertel van liefde, heimwee en verlange. Terwyl elke stuk ’n nuwe plek kry, voel dit eienaardig – ons sou dit liewer saam met hulle in húlle huis wou geniet. Maar ons liefste ma en pa is steeds in ons harte, denke en liefde vir alles wat mooi en oud is. – Lenka Claassen, Bethlehem

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa