Tuis

Vir twee kroonprins­e

-

Somien Smit van Pretoria skryf Ek wil net ’n bietjie spog met my man se handewerk. Met ons derde seuntjie op pad het ons die oudste twee saam in een kamer geskuif. Dis nie ’n groot vertrek nie, daarom het ons besluit op stapelbedj­ies – wat my man self gebou het uit onder meer palethout en weggooi-gordynkapp­e. Al waarop ek geld moes spandeer, was lap vir die duvetoortr­eksels, asook ’n lampskerm wat ek vir R50 by ’n liefdadigh­eidswinkel gekoop en self oorgetrek het. Manlief het ’n tafeltjie gemaak uit ou bekistingb­orde. Die boeties is absoluut mal oor hul nuwe kamer, oftewel die “kasteel”, soos ons dit noem.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa