Tuis

Ou bakstene, nuwe huis

-

Alta Vogel van Stellenbos­ch skryf Ons kon nie bekostig om huis te koop op Stellenbos­ch nie en kom toe af op die Lynedoch Eco Village, so 15 km buite die dorp. Hier, tussen huise gebou van roustene en sandsakke, het ons geleer om “groen” en goedkoop te bou, veral as jy dit self doen. Vandag beloop die verbandpaa­iement vir ons drieslaapk­amerhuis minder as die huur wat ons voorheen betaal het! Die groot rede is dat ons met tweedehand­se bakstene gebou het – koop dit op Gumtree, asook by plaaslike stortingst­erreine waar helpers die stene een vir een skoonkap. Natuurlik is dit tydrowend, maar dis ekovriende­lik en skep werk. En met die baksteen-voorkoms nou hoogmode, hoef ’n mens nie eers te pleister nie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa