Tuis

Phlebodium

-

Die Phlebodium, ’n lugplant met lang, gelobde varingblar­e in ’n ongewone blougroen kleur, is maklik om te kweek. Omdat dit van nature groei in die blare wat in die mik van woudbome ophoop, kan dié varing met min sonlig klaarkom. Dit hou van baie vog en redelik hoë humiditeit, wat dit gepas maak vir hangmandji­es, veral in badkamers, slaapkamer­s en selfs kombuise. As jy nog nooit ’n varing gekweek het nie, is dit ’n goeie een om mee te begin. Sorgwenk Maak die plant een keer per week nat (minder in die winter) en spuit gereeld nat met ’n newelspuit. Maak seker dit dreineer goed, anders sal dit vrot; die water moet ook nie in die middel van die risoom gegiet word nie, maar liewer rondom die plant. Net soos die Phalaenops­is-orgidee kan Phlebodium­s lank in ’n pot bly, maar as jy besluit om dit oor te plant, doen dit in die lente. KONTAK plantimex.co.za

 ??  ?? Phlebodium
Phlebodium

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa