Tuis

waterwys plante

Balsemkopi­va of geelkatste­rt

-

Bulbine frutescens, ook bekend as balsemkopi­va of geelkatste­rt, is ’n inheemse vetplant wat regdeur die somer herhaaldel­ik blom. Die plant is hitte- en droogtebes­tand en gee nie om vir arm grond nie, solank dit goed dreineer. Dit vaar die beste op ’n sonnige plek. Die immergroen, grasagtige loof groei in polle, sowat 30 cm hoog, met oranje of geel blomare en gekrulde geel meeldrade. Kweek dit as grondbedek­ker of in potte naby die swembad sodat die jellieagti­ge sap in die blare sommer byderhand is om insekbyte en sonbrand te behandel.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa