Tuis

Take vir elke streek

-

Somerreëns­treek Maak twee keer ’n week goed nat, strooi deklae, bemes in die middel van die maand met Vigorosa en knip dooie blomme af. Spuit twee keer per maand met ’n mengsel van Chronos, Ludwig’s Insect Spray en Spray Stay teen plae; spuit ook met Cyper of Plant Care teen kewers. Kaapse kusstreek Spuit in nat weer elke twee weke om die beurt met Rose Protector en die mengsel links. Bemes in die middel van die maand met Vigorosa. As jy groot plukblomme wil hê, knyp die syknoppe af; knyp die punte van nuwe basale lote af om dit sterk te maak teen stormwind.

Laeveld en KwaZulu-Natalse kus Maak twee keer per week goed nat en strooi dik deklae. Bemes in middel-November met Vigorosa; spuit met Ludwig se mengsel om swamsiekte­s en plae af te weer. Sny dooie blomme af; dit moedig die plant aan om uit te loop en te blom.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa