Tuis

Murgpampoe­ntjies

-

met chermoula

Chermoula is ’n Marokkaans­e sous of smeer wat heerlike geur verskaf aan hoender, vis of vegetaries­e geregte. Genoeg vir 4–6 porsies • Bereidings­tyd: 30 minute • Gaarmaakty­d: 5–8 minute

• 800g groot murgpampoe­ntjies

Chermoula

• 15ml olyfolie • 3 knoffelhui­sies, gekneus • 10ml fyn komyn • 5ml paprika • 1 vars groen brandrissi­e, fyngekap • ’n hand vol koljanderb­lare, fyngekap • 60ml vars suurlemoen­sap • sout na smaak

1 Blansjeer die murgpampoe­ntjies tot net gaar (nie pap nie). Sny hulle dan in die lengte middeldeur.

2 Meng al die bestanddel­e vir die chermoula saam tot ’n pasta. Roer dit deur die warm murgpampoe­ntjies en sit voor teen kamertempe­ratuur.

Wenk

Vryf vleis, vis of hoender in met chermoula voordat dit gerooster word; dit kan ook ná die tyd saam met die gereg voorgesit word of by souse gevoeg word om die smaak te verbeter.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa