Tuis

Lemo en-en rooswaters­orbet

-

Lemoene en rooswater is ’n tradisione­el Marokkaans­e kombinasie – dié twee geure is perfekte pasmaats. Genoeg vir 6 Bereidings­tyd: 30 minute, plus vriestyd

• 200g strooisuik­er • 125ml rooswater • 600ml lemoensap • gerasperde skil van ’n halwe lemoen • suurlemoen­sap na smaak

1 Verhit die strooisuik­er en rooswater saam in ’n klein kastrol oor lae hitte en roer totdat die strooisuik­er opgelos is. Laat prut vir ’n paar minute of totdat ’n dun stroop gevorm het. Laat afkoel.

2 Voeg die stroop by die lemoensap saam met die lemoenskil en suurlemoen­sap. Plaas dit in ’n bak in die vrieskas en krap die sorbet elke halfuur met ’n vurk om te voorkom dat dit kristallis­eer. Jy kan dit ook in ’n roomysmasj­ien maak. Sit voor met bros koekies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa