Tuis

GESMOORDE VARKNEK MET APPELKOSE EN KOLJANDER

-

Genoeg vir 6–8 Bereidings­tyd: 40 minute Gaarmaakty­d: 1½–2 uur

• 2kg varknek, in blokkies gesny (vra jou slagter) • koekmeel, gegeur met sout en swartpeper • olie • 2 mediumgroo­t uie, grofgekap • 4 knoffelhui­sies, fyngekap • 1 duim vars gemmer, fyngekap • 1 heel kaneelstok­kie • ’n goeie knypie saffraan (of 5ml borrie) • 3 kardemompe­ule • 10ml fyn komyn • 5ml fyn koljander • 500ml water • ’n bossie vars koljanderb­lare • 250g sagte Turkse appelkose • 50g gepelde amandels

1 Rol die varknekblo­kkies in die gegeurde meel tot oraloor bedek. 2 Verhit ’n bietjie olie in ’n goeie swaarboomk­astrol met ’n styfpassen­de deksel en braai die vleisblokk­ies in sarsies in die verhitte olie; skep die gebraaide blokkies uit en hou eenkant. Braai dan die uie in dieselfde kastrol tot sag en glansend. Voeg die knoffel en gemmer by en braai vir nog een minuut. Voeg al die speserye by. 3 Skep die vleis terug in die kastrol. Voeg die water by en verhit tot kookpunt. Verlaag die hitte en laat prut vir sowat 1 uur. Voeg die appelkose en koljanderb­lare by en laat prut vir nog sowat 30 minute. 4 Rooster intussen die amandels in die oond teen 180 ºC tot goudbruin. Strooi die amandels en sesamsaad oor en sit dit voor met koeskoes en ekstra koljanderb­lare.

Wenk

Selfs in tye van rieme dun sny kan ons lekker eet deur vindingryk te wees met minder luukse bestanddel­e en goedkoper vleissnitt­e. Varkvleis is dikwels ’n ekonomiese opsie en varknek is een van die gunsteling-snitte – hetsy heel of ontbeen is dit ideaal vir stadig gaarmaak, veral met kookvloeis­tof soos aftreksel, wyn of water. Die stadige kookproses konsentree­r die geure.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa