Tuis

Hoendervle­rkies met patat en boontjies

-

Onder R85 • Genoeg vir 4 • Bereidings­tyd: 15 minute Gaarmaakty­d: 45 minute • Oondtemper­atuur: 200°C

• 8 groot hoendervle­rkies • 45ml braaispese­rye • 4 klein oranje patats, geskrop • 1 blik (410g) gemengde boontjies

• 30ml olyfolie • 5 takkies tiemie • 1 suurlemoen, in skyfies gesny • kruieslaai vir voorsit

1 Voorverhit die oond. Knip die punte van die vlerkies af en spalk elkeen op ’n sosatiesto­kkie; rol dit dan in die braaispese­rye. Sny die patat in 1 cm-skywe – dis belangrik om dit dun genoeg te sny dat dit saam met die hoender gaar bak (anders kan jy dit vooraf effens kook).

2 Meng die patat en die boontjies met die helfte van die olie en skep dit in ’n oondbak. Sit die hoender bo-op en bedruip met die res van die olie. Geur met die tiemie, sout en peper en druk die suurlemoen­skywe tussenin. Bedek met foelie en bak vir 20 minute. Verwyder die foelie en bak vir nog 20 minute of tot alles goudbruin en gaar is. Sit voor met die kruieslaai.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa