Tuis

3 planne met rooswater 1 Meringuero­sies

Sê dit met blomme – en Huletts!

-

• 2 groot eierwitte by kamertempe­ratuur • knippie kremetart • 75ml Huletts White Sugar • 30ml rooswater • pienk koskleurse­l • 80g donkersjok­olade

1 Klits die eierwitte tot skuimerig. Voeg die kremetart by en klits tot sagte punte vorm.

2 Voeg die suiker een teelepel op ’n slag by (klits goed ná elke byvoeging). Wanneer al die suiker ingemeng is, voeg die rooswater en koskleurse­l by en klits nog ’n paar minute tot al die suiker opgelos is.

3 Skep die meringue in ’n spuitsak met ’n wye sterpunt en spuit rosies op ’n uitgevoerd­e bakplaat. Bak in ’n voorverhit­te oond teen 100 °C vir sowat 45 minute of tot die meringues droog is en maklik van die bakpapier af opgelig kan word.

4 Smelt die sjokolade in die mikrogolfo­ond op ontvries. Doop elke meringue se onderkant in die gesmelte sjokolade en plak tweetwee aan mekaar.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa