Tuis

3 Kolwyntjie­s met versuikerd­e blomblare

-

• 125g botter • 250ml Huletts White Sugar • 2 groot eiers • 250g bruismeel • 5ml bakpoeier • 5ml vanieljege­ursel • 250ml melk VERSIERSEL • 300ml Huletts Icing Sugar, gesif • sowat 15ml rooswater VERSUIKERD­E ROOSBLARE • vars roosblare • 1 eierwit • Huletts Castor Sugar

1 Klits die botter en suiker saam tot romerig. Voeg die eiers by en klits goed.

2 Sif die meel en bakpoeier saam; voeg die vanielje by die melk. Vou dan die meel om die beurt met die melk by die bottermeng­sel in.

3 Skep die beslag in kolwyntjie­doppies en bak teen 190 °C vir 10–12 minute of tot ’n toetspen skoon uit die middel van ’n kolwyntjie kom. Verkoel op ’n draadrak.

4 Maak die versiersel Meng ’n bietjie rooswater op ’n slag by die versiersui­ker in tot die mengsel glad is, maar nie te loperig nie. Doop die bokante van die kolwyntjie­s in die versiersel en laat enige oorskiet afdrup. Versier met ’n paar strooivers­iersels as jy wil en laat die versiersel stol.

5 Maak die versuikerd­e roosblare Verf die blare een-een met ’n dun lagie eierwit aan albei kante en strooi ruim strooisuik­er oor. Sit eenkant om te verhard en versier die kolwyntjie­s daarmee.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa