TV Plus (Afrikaans)

Reeks maak ons opgewonde oor Afrikaans

Rian van Heerden is die aanbieder van ’n nuwe spelspelet­jiesprogra­m wat jou taalkennis toets.

-

Vinnig: Spel fiets! Nie so maklik nie, nè? Dis presies hoekom die speletjies­program Op Die Spel, wat op Dinsdag 14 Julie op kykNET begin, soveel pret gaan wees. Deelnemers moet blitsig spel en wys hoe goed hulle Afrikaans ken. Die wenner kan R50 000 wen – maar dis nie so maklik soos a-b- c nie. Daar is skerp Afrikaanse sêgoed, idiome, akronieme, vergelykin­gs en vele meer in die 13 episodes.

JOU SEXY DING

Die regisseur van die reeks, Ben Heyns van Homebrew Films, beplan al vanaf begin 2014 aan die reeks. “Die hoof van kykNET, Karen Meiring, het my genader om die projek van stapel te laat loop en Afrikaans te bevorder. Met die hulp van Gerhard van Huyssteen, taalprofes­sor en aanbieder van Spelinterv­arsity op RSG, het ons koppe bymekaarge­sit om die speletjies sexy en aantreklik vir kykers te maak.”

Ons taal is baie kompleks, vertel Ben. “Daar is soveel interessan­thede, soos wat opskeploer beteken, en of dit nou hoe groter gees of hoe groter bees is. Mens dink dalk jy weet wat dit is, maar dan word jy verkeerd bewys as die antwoord gegee word.”

Ben sê daar is selfs sprake van ’n jongspanwe­ergawe van die reeks, waarin kinders se spel- en taalvernuf getoets gaan word.

AAN DIE STUUR

Die ervare aanbieder en radioplate­joggie Rian van Heerden is aan die stuur in die ateljee en hy is slaggereed om deelnemers reg te help. Rian sê hy het altyd gedink hy’s ’n bobaasspel­ler, totdat hy by die reeks ingeval het.

“Ek het ’n broertjie dood aan mense wat nie kan spel nie, veral op sosiale media, en ek skroom nie om hulle op hul swak spelling te wys nie. Maar ek het vinnig agtergekom ek weet eintlik niks van spelling nie. En dis tragies.”

Hy het besef hy spel selfs sy eie van verkeerd, skerts Rian. “As ek dink hoeveel keer ek al bedrog gepleeg het elke keer wanneer ek ’n vorm ingevul het, gee dit my koue rillings. Hoewel daar baie vorme van spelling vir ‘van Heerden’ is, moet die ‘van’ in Van Heerden eintlik met ’n hoofletter gespel word,” sê hy tong in die kies.

Gerhard word as mede-aanbieder en taalgesagh­ebber ingespan. “Ek maak seker die antwoorde wat die deelnemers gee, is korrek en aanvaarbaa­r,” sê hy.

Gerhard is ook besig om die Virtuele Instituut vir Afrikaans ( VivA) te loods. “Dis ’n maatskappy sonder winsmotief wat met die samewerkin­g van die NoordwesUn­iversiteit en die ATKV gestig is. Dit fokus op die ontwikkeli­ng van digitale toestelle en programme wat Afrikaans as taal gaan bevorder.”

Hy hoop Op Die Spel word net so gewild soos Noot Vir Noot (1991-nou). “Dit moet kykers weer opgewonde oor die Afrikaanse taal maak.”

 ??  ??
 ??  ?? Gerhard
Gerhard

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa