TV Plus (Afrikaans)

Kop kap aan

Jy kan maar sê ons is gek, maar ons wonder of Sharon se terapeut by die Fairview-sanatorium al haar varkies op hok het.

- The Young And The Restless

Weekdae e.tv (*194) 09:00

Fairview is nie die veilige hawe wat Sharon (Sharon Case) gehoop het dit sou wees nie toe sy op Vrydag 3 Junie daar opgeneem is. Haar mede-pasiënt Patty Williams (Stacy Haiduk) – haar verloofde Dylan (Steve Burton) se kriminele gek tante – ontstel Sharon met haar [Patty se] obsessie om vriende met Sharon te wees en die gesprekke wat Patty met haar speeldingk­atjie voer. Maar die regte gevaar by Fairview is nie die koekoes moordenaar Patty nie. Sharon se terapeut dr. Anderson (Elizabeth Bogush) laat alarmklokk­ies lui . . .

DIAGNOSE: AGTERDOG

Op Maandag 13 Junie gaan klik Patty by dr. Anderson dat Sharon oor haar swangerska­p jok nadat sy Sharon en haar dogter Mariah (Camryn Grimes) afgeluiste­r het toe hulle Sharon se miskraam op Maandag 9 Mei bespreek het. Die dokter waarsku Patty om haar stil te gedra en op Vrydag 17 Junie neem dr. Anderson ’n bloedmonst­er by Sharon om kamtig vas te stel hoe sy by haar nuwe bipolêre medisyne aanpas. Maar dr. Anderson doen ook ’n swangerska­ptoets en sê vir Patty Sharon verwag inderwaarh­eid ’n baba – vertroulik­e inligting wat nie net niks met Patty te doen het nie, maar dit weerspreek wat Sharon se oorspronkl­ike dokter op Maandag 30 Mei vir haar gesê het.

Terwyl ons kopkrap en wonder of Dylan en Sharon op ’n manier vinnig agter die skerms gekafoefel het op pad na die sanatorium, sê Patty vir Sharon sy het gedink Sharon het oor die baba gejok, maar dr. Anderson se toetse het bewys Sharon is regtig swanger. Dit klink mos ’n bietjie verdag, of hoe?

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa