TV Plus (Afrikaans)

AGTER DIE SKERMS

-

Wayne verseg om meer oor Fluiters te verklap, en kykers sal maar moet wag en sien hoe dinge vir David gaan uitdraai. Maar die akteur is meer as gewillig om sy ervarings op stel te deel. “Dit was my tweede rol saam met die regisseur Jozua Malherbe.” Die vorige keer was in Geraamtes In Die Kas, toe hy die rol van Rudy Abrahams, ’n musiektera­peut, vertolk het. “Jozua is ’n masjien. Hy gaan jou laat sweet tydens verfilming, maar jy gee nie om nie, want sy werkywer is aansteekli­k. Fluiters was ’n emosioneel en fisiek uitputtend­e projek. Die dialoog was soms uitmergele­nd en daar was dae toe ons binne 12 uur van verfilming deur 15 bladsye teks gedraf het. Maar as ek terugdink en nou die reeks op TV sien, was dit alles die moeite werd.”

INTERNASIO­NALE ROL

In 2007 het Wayne die kans gekry om ’n rol in die Britse reeks Wild At Heart (2006-2013) te vertolk. “Ek was Kirk, ’n jong man wat na die natuurrese­rvaat gekom het om sy biologiese pa, Anders du Plessis (Deon Stewardson), op te spoor.” Die reeks is by die Hartbeespo­ortdam in ’n privaat natuurrese­rvaat verfilm. “Ek moes myself knyp op die eerste dag op stel toe ek die akteur Stephen Tompkinson (bekend as Alan Banks in DCI Banks, 2010-nou), wat die hoofrol van Danny Trevanion vertolk het, sien,” vertel Wayne. “Ek is na die reservaat vergesel en het my eie woonwa en kleedkamer gehad. Die begroting was enorm en daar was produksiel­ede om elke hoek en draai. Maar wat my beindruk het, was die ongeloofli­ke trots waarmee elke lid op stel gewerk het. Elke persoon het sy werk ernstig opgeneem.” Die toekoms lê oop voor Wayne en hy wil graag nog vele rolle aanpak. Maar vir eers het hy sy voete by Scandal! gevind en kan nie wag om uit te vind in watter gemors Stokkies homself nou weer gaan bevind nie. • Lees meer op bl. 28!

 ??  ?? Wayne as Stokkies in Scandal!.
Wayne as Stokkies in Scandal!.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa