TV Plus (Afrikaans)

Magsversku­iwing

Annelize speel nuwe speletjies om weer die hef in die hand te kry.

- Binnelande­rs

Weekdae kykNET (*144) 19:30

Op Vrydag 17 Junie hoor dr. Annelize Roux (Cindy Swanepoel) die raad het dr. Tertius Jonker (Reynardt Hugo) bó haar gekies en hy is nou die hoof van Ongevalle. Sy voel verneder en seergemaak. “Annelize weet Pippa (Nadia Valvekens) se stem was die deurslagge­wende faktor – Pippa het dus teen haar gestem. Sy weet sy kan nie die stemmery omkeer nie en voel magteloos,” sê Cindy.

“Haar kop werk oortyd om nuwe onmin in Binneland te saai,” verduideli­k Cindy verder. “Onthou, Annelize is ’n opportunis wat enige kans sal gebruik om haar saak te bevorder.” Sy het die Kosters tot nou toe aan haar kant gehad, maar met die nuwe magsversku­iwing het die prentjie drasties verander.

Tog kry sy gouer nuwe skietgoed as wat sy gedink het. Op Maandag 20 Junie merk sy daar’s spanning tussen verpleegsu­ster Pippa (Nadia Valvekens) en dr. Conrad Bester (Hykie Berg), wat in 2012 sou trou. En sy besef sy het dalk ’n nuwe wapen om Pippa se man Rian (Erik Holm) jaloers te maak.

Die doelgerigt­e Annelize hou haar ore op die grond en op Maandag 22 Junie vind sy uit Pippa assisteer Conrad by die gratis kliniek Thusanang. “Maar Rian weet niks hiervan nie, en Annelize fluister dit in Rian se oor,” verklap Cindy. “Hierdie brokkie inligting kan nog meer gif in die Malherbes se huwelik saai.”

NOG MEER GEHEIME

Maar Annelize kry nuus wat haar plan kan pootjie en ’n geheim van haar kan verklap. Haar kinderhuis se nuwe koshuismoe­der bel dieselfde dag en sê vir haar Wilmien Deysel (Nena Butler), wat ná Annelize in dieselfde kinderhuis was, gaan by Binneland-kliniek verpleeg. “Die koshuisma vra Annelize om Wilmien onder haar vlerk te neem. Annelize is ontsteld oor die nuwe verwikkeli­ng, want sy is bang almal vind uit sy het in ’n kinderhuis grootgewor­d,” sê sy.

Annelize se plan om Rian agterdogti­g teenoor Conrad te maak, werk wel, want Rian begin ernstig op Pippa en Conrad spioeneer. En dan speel die noodlot in haar hand: Op Donderdag 23 Junie word Rian ernstig siek en in Ongevalle opgeneem. En die dokter wat Rian gesond moet maak, is Conrad.

Conrad moet lewensbela­ngrike besluite neem en dit kan die verhouding tussen Rian en Conrad nog meer versuur, om nie eens te praat van hoe dit Rian en Pippa se huwelik kan beïnvloed nie. En dis wat die sluwe Annelize wil hê: nóg meer onenigheid.

 ??  ?? Annelize (middel) saai weer onmin. By haar is drr. Deon (links) en Steve.
Annelize (middel) saai weer onmin. By haar is drr. Deon (links) en Steve.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa