TV Plus (Afrikaans)

Moeilikhei­dmaker

Die nuwe myner Obakeng veroorsaak ’n beroering wanneer hy na sy Horizon Deep-wortels soek . . .

- Isidingo

Weekdae SABC3 (*193) 19:00

Op Woensdag 22 Junie is daar ’n nuwe gesig in The Deep en hy laat die koppe draai, en dis nie net omdat die myner Obakeng gespeel word deur die aantreklik­e Anga Makubalo (Bantu in die dramareeks Igazi, 2016-nou, en Nthando in Z’bondiwe, 2015-nou) nie. Dit blyk die sjarmante man het “moeilikhei­d” op sy gesig geskryf – en dis presies wat gebeur wanneer Obakeng by die verkeerde mense, meisies en sy nuutgevond­e familie betrokke raak. Die 29-jarige Anga het hom so oor sy nuwe rol uitgelaat . . .

Hoekom is Obakeng ’n moeilikhei­dmaker?

Hy’s ’n “probleemki­nd” weens sy verlede. Hy is op twee in die steek gelaat en bloot by sy pa se huis afgelaai [kykers vind meer hiervan uit op Dinsdag 5 Julie]. Toe hy agt was, het sy pa hom uit die huis geskop. Hy moes op sy eie regkom, vir homself sorg. Hy het dinge gesien wat geen kind behoort te sien nie, soos moorde en taxi- en bendegewel­d. Wanneer Obakeng in The Deep opdaag, het hy geen dissipline nie en dink hy kan doen net wat hy wil. Hy het woedeprobl­eme en hy’s nie bang om dood te gaan nie.

Hoekom het hy na The Deep gekom?

Hy’s ’n myner wat ’n werk soek wat hom vinnige en maklike geld kan help maak. Maar hy het ook ’n familie van wie hy nie bewus is nie, tot hy oor sy deel in die familiebes­igheid ingelig word [kykers sal dit op Maandag 25 Julie sien].

Obakeng maak die knieë lam . . .

Waar hy ook al gaan, spat die vonke. [Lag.] Hy word onopsetlik vasgevang tussen twee vroue [Aphiwe, gespeel deur Khanya Mkangisa en Kamohelo, gespeel deur Makgotso M]. Hy hou regtig van [die ouer] Aphiwe, maar die jonger Kamohelo doen alles in haar vermoë om sy aandag te trek – dan breek ’n geveg uit . . .

Dit klink of die rol uitdagend was.

Ek het die uitdaging geniet. My karakter Bantu in Igazi (Sondae om 20:00 op Mzansi Magic) is die teenoorges­telde van Obakeng. Ek sou nie sê Obakeng is boos nie, maar hy’s nie baie aangenaam nie. Ek wou uit my gemaksone kom en ’n heeltemal ander karakter vertolk.

Jy staan ook as die musikant NaakMusiq bekend. Hoe gaan dit met jou musiek?

Ek maak seker my dae op die Isidingo-stel bots nie met my musiekoptr­edes nie, wat ek net soveel soos toneelspee­l geniet. [Anga se album Love And Music is in 2014 uitgereik.]

 ??  ?? Die aantreklik­e Obakeng (vertolk deur Anga Makubalo) laat die vonke in The Deep spat.
Die aantreklik­e Obakeng (vertolk deur Anga Makubalo) laat die vonke in The Deep spat.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa