TV Plus (Afrikaans)

BOEIENDE BOEK

-

Die skrywer Deon Meyer se spanningsr­oman Orion, waarop die gelyknamig­e TV-reeks gegrond is, het ’n platform vir haar gebied om haar karakter te help ontgin. “Die verhaal is so boeiend, ek kon die boek nie neersit nie en het dit binne 48 uur deurgelees. Deon se karakterbe­skrywings is puik en jy weet presies wie Hoop Beneke is wanneer jy die boek klaar gelees het.”

Erica sê sy kan verstaan waarom Orion vandag ná ’n dekade nog soveel aanklank by kykers vind. “Die verhaal het al die bestanddel­e en menslike emosies wat dit immergroen maak. Die interaksie en verhouding­s van die hoofkarakt­ers wat hulle in ’n slegte spiraal bevind en die uiteindeli­ke genesing maak die reeks aangrypend.”

FORMIDABEL­E VROUE

Erica geniet dit om aan al die karakters wat sy vertolk te slyp en hulle vroue van vlees en bloed te maak. Sy het onlangs gewerk aan die derde seisoen van kykNET se speurreeks Die Boland Moorde (nog nie geskedulee­r nie), waarin sy die rol van die sjef Charlotte vertolk. Tans werk sy hard aan die rol van nog ’n polisievro­u, kapt. Heidi Holland, in die fliek Bloodline, met Darrell Roodt as regisseur (uitreikdat­um nog nie bekend nie). “Heidi is ook ’n tawwe koekie,” verklap Erica.

Die bedrywige aktrise se volgende projek is ’n kortfliek (titel nog nie bekend nie) wat binnekort deur die regisseur Mathys Boshoff verfilm word. Dit sal later vanjaar vertoon word. “Ek speel ’n kwadruplee­g en het nog baie huiswerk om te doen,” gesels Erica oor die rol, en voeg by sy’s baie opgewonde oor die uitdaging. Maar vir eers fokus Erica op haar karakter Heidi Holland voor sy onder die vel van nog ’n formidabel­e vrou inkruip.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa