TV Plus (Afrikaans)

DIE LEWE NÁ DIE LAAN

-

Diaan het Danie Odendaal Produksies se stel reeds einde Mei vanjaar verlaat. Sy en haar gesin – akteurman Jody Abrahams (Irvin in The Heist 2016-nou) en kinders Olivia-Rose (5) en Thomas (3) – het Kaap toe getrek. Diaan het by AFDA (The South African School of Motion Picture Medium and Live Performanc­e) begin klasgee en sy sê dit is nogal ’n aanpassing. “Dis heeltemal ’n nuwe roetine waaraan ek moes gewoond raak. Ek besef nou eers die groot impak wat die Laan in my lewe gehad het en dis ’n groter verlies as wat ek gedink het.” Maar sy is nie spyt oor haar besluit nie. “Dit is ’n nuwe hoofstuk in my lewe en ek het vir eers besluit om ’n tyd lank weg te breek van akteurswer­k en op my akademiese loopbaan te fokus.”

Sy sê haar sepieman, Heino Schmitt, wat Altus gespeel het, se bedanking laasjaar het niks te doen gehad met met haar besluit om ook te bedank te nie. “Heino se besluit was sy eie, nes myne. Hy het sy persoonlik­e redes gehad en ek ook. Veranderin­g is nooit maklik nie, maar dit is iets wat konstant plaasvind.”

Diaan besef wanneer sy die dag wel besluit om haar weer vir oudisies beskikbaar te stel, gaan haar rol as Paula haar oral volg, maar dit pla haar nie. “Ek typecast nie myself nie, dus is ek nie bang om ander soorte rolle te speel nie.”

Ons kan nie glo dis die laaste sien van Paula nie . . . of is dit? Diaan het gesê sy is gewillig om nog soms in storielyne te verskyn. Ons hoop sy kom sommer vinnig inloer!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa