TV Plus (Afrikaans)

DIAAN SE EINDE VIR PAULA

-

Paula was al deur vele avonture, vriendskap­pe en liefdesbel­angstellin­gs. Sy vertel wat sy dink die beste vir Paula is.

Sou sy dat Altie en Paula weer versoen raak?

“Ek dink daardie hoofstuk is gesluit. Altie en Paula was al deur te veel hartseer en daardie pyn gaan sy altyd saam met haar dra.”

Sou sy dat Paula en Marko versoen raak?

“Paula het ’n sagte plekkie vir Marko en dit was regtig eerbaar van hom om aan te bied om saam met haar ’n kind groot te maak (in Junie 2016). Maar sy was nooit verlief op hom nie.”

Sou sy saam met Yannis (Emmanuel Castis), die fotograaf, wou opeindig?

“Paula se romanse met Yannis was passievol (in Junie 2015). Maar nee, ek sou haar nie met hom wou laat opeindig nie. As gevolg van sy werk het hy te doen met vele modelle en ek dink Paula sal gou jaloers word.”

Sou sy saam met Die Flooze (Sorina Erasmus) op haar motorfiets wil gaan toer?

“Ai, ek het al vergeet van Die Flooze en haar Witbank-maniere. Nee wat, Paula is nou meer volwasse as toe sy haar laas in 2011 gesien het toe sy vir Didi (Hennie Jacobs) verlei het.”

Die beste einde:

“Ek dink die beste einde sou wees dat Paula vir baba Mika kon hou en sommer ’n heeltemal nuwe man in haar lewe kon vind wat haar ongeloofli­k gelukkig sou maak.”

 ??  ?? Altie en Paula toe hulle die eerste keer in 2012 getroud is.
Altie en Paula toe hulle die eerste keer in 2012 getroud is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa