TV Plus (Afrikaans)

Sy is dalk in gevaar

Derick word gearrestee­r en Bianca is vreesbevan­ge.

- Suidooster

Ma.-Do. kykNET (*144) en kykNET & kie (*145) 18:00 en kykNET & kie 20:00

Die raaisel rondom Mathilda (Tilla Diedericks) se ontydige dood in Junie weens verkeerde medikasie word uiteindeli­k ontrafel. Dit was niemand anders nie as haar eie seun, Derick (Gregory Kriek), wat haar vermoor het vir haar erfporsie! Maar net omdat die saak opgelos is, beteken dit nie almal is buite gevaar nie. Bianca (Simone Biscome) is die een wat haar geliefde begin verdink en sy konfrontee­r hom op Woensdag 20 Julie wanneer hy by haar werk opdaag en vir hulle vliegkaart­jies landuit wil bespreek. “Tot haar verbasing erken Derick hy het met sy ma se bloeddrukp­ille gepeuter en haar dood veroorsaak,” sê Simone.

Gelukkig daag oom Fasie (Johan Botha) en AB (Cedwyn Joel) by Oos-Wes op voordat Derick sy woede op Bianca kan uithaal omdat sy hom ontmasker het. Die manne bel die polisie en Derick word gearrestee­r, maar Bianca is bang hy is nog nie heeltemal uit haar lewe nie en besef sy is in gevaar.

WREDE ONTNUGTERI­NG

“Derick is ’n psigopaat, genadeloos en koud. Wat sal hom keer om Bianca, wat hom uitgevang en laat arresteer het, ook uit die weg te ruim as hy ontsnap?” Bianca dink Derick het darem een goeie ding gedoen waarna sy uitsien – hy het vir haar ’n internskap gereël by die tydskrif Be-Dazzle, waar hy gewerk het. “Maar wanneer Bianca op Dinsdag 26 Julie by Be-Dazzle opdaag, weet hulle niks van haar nie en sy besef alles wat Derick gesê en belowe het, was leuens,” sê Simone.

’N NUWE, VEILIGE HAWE

Bianca is seergemaak en twyfel of sy gou weer iemand sal kan vertrou. “Bianca het haar blind gehou vir die waarskuwin­gstekens. Wanneer Derick onbeskof met haar was, het sy anderpad gekyk. Hy het haar op ’n manier gebreinspo­el en sy het die stemmetjie wat haar gewaarsku het, geïgnoreer,” sê sy.

Die Samsodiens ontferm hulle oor haar en laat haar by hulle intrek sodat sy veilig sal wees. Hulle is veral dankbaar AB word nie meer verdink van Mathilda se dood nie. Mymoena (Jill Levenberg) pols AB op Donderdag 28 Julie of Bianca permanent by hulle kan woon en op Maandag 1 Augustus stem hy in. “Bianca is in die wolke,” vertel Simone. “Sy wou graag hê Mymoena en AB moet haar aanvaar. Die Samsodiens is goeie mense en Bianca voel eindelik deel van die gesin.” En hopelik bly Derick van nou af weg, of dalk word hy opgesluit.

 ??  ?? Bianca konfrontee­r Derick oor sy ma se dood.
Bianca konfrontee­r Derick oor sy ma se dood.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa