TV Plus (Afrikaans)

Magspeletj­ies

TT bring groot bestuursve­randerings aan voordat hy Kings Casino die rug toekeer om sy roeping te vervul.

- High Rollers

Weekdae SABC3 (*193) 19:30

TT (Fezile Mpela) kry nou al maande lank vreemde hoofpyne, neusbloedi­ngs en ontstellen­de drome. “Hy het swaar gekry,” erken Fezile, en voeg by dinge is eers vanaf Donderdag 14 Julie weer normaal. Dis toe TT na die boodskap van sy stamouderl­ing (Mike Mvelase) geluister het. Hy moes die casino verlaat en terugkeer huis toe om die hoof van sy dorpie te word. TT vertrek op Woensdag 20 Julie, maar nie voordat hy die raad se goedkeurin­g kry om casino-aandele te verdeel nie. [Lees in die blou kassie meer hieroor.]

OP & WEG VAN DIE SKERM

Fezile het einde April by High Rollers (2013-nou) klaargemaa­k toe hy sy pligte as vervaardig­er van kykNET se sepie Getroud Met Rugby (2016-nou, lees meer op bl. 17!) hervat het. Hy sluit ook op Dinsdag 12 Julie as akteur by die spelers aan as Ike Mkhize, die nuwe assistent-afrigter van die Stryders se rugbyspan. “Dit was natuurlik om saam met my mede-akteurs voor die kamera en weg van die kamera te werk. So kan ek meer betrokke wees by die hele produksie,” sê Fezile. Fans kan kyk hoe Ike en Fafa (Altus Theart) koppe stamp oor afrigtings­metodes.

DIE NUWE BESTUUR

TT verdeel die aandele gelykop onder die vier nuwe casino-bestuursle­de, wat insluit:

Hoof- uitvoerend­e beampte Busi

(Jo-Anne Reyneke) is nou die grootkop by Kings Casino en sy is onder meer druk as tevore met David wat haar fyn dophou.

Hoof- finansiële beampte David

(Antony Coleman) kry op Donderdag 21 Julie inligting dat die casino se finansies in ’n toestand is en hulle is op pad na bankrotska­p. Hy kan nie wag om Busi se gesig te sien wanneer hy haar dit vertel nie.

Hoofbedryf­sbeampte Paul

(Justin Strydom) lyk of hy die enigste een is wat steeds morele waardes aanhang. Dit keer Busi nie om hom op Maandag 25 Julie in ’n moeilike posisie te plaas wanneer hy die personeel oor die afleggings moet inlig nie.

TT se gevolmagti­gde Thandi

(Nqobile Nunu Khumalo) besit nie aandele nie, maar verteenwoo­rdig TT. Hy het haar gekies, want ’n sangoma het in 2015 gesê Thandi is die toekomstig­e casino-koningin.

 ??  ?? TT verlaat die casino om sy tuisdorp se nuwe hoof te word.
TT verlaat die casino om sy tuisdorp se nuwe hoof te word.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa