TV Plus (Afrikaans)

Maak los die knoop

Dis verby tussen Gadaffi en Tshidi . . . op papier, altans.

- Generation­s – The Legacy

Weekdae SABC1 (*191) 20:00

Tshidi (Letoya Makhene) het t geen idee haar familie se aartsvyand weet sy en haar bende beplan om hom te vernietig nie. Sy doen op Donderdag 21 Julie haar bes om haar lojaliteit aan die misdaadbaa­s Jack Mabaso (Vusi Kunene) te bewys en oortuig hom sy is nie langer by haar man, Gadaffi (Vuyo Dabula), nie en is dus nie betrokke by watter plan ook al om Jack te onttroon nie. “Hulle moet dinge so eg moontlik laat lyk,” sê Letoya. Maar ’n geamuseerd­e Jack hou hulle dop en wil wraak neem!

AGTER DIE MASKER

Op Vrydag 22 Julie loop die spanning hoog tussen Tshidi en haar man soos hul “egskeiding” vorder. “Hy’s nie gelukkig nie, maar hy het haar gestuur om op Jack te spioeneer en sy moes selfs by hom slaap ter wille van die plan, dus herinner Tshidi hom gereeld aan die groter prentjie,” sê Letoya. “Om werklik te skei is die beste manier waarop hulle die speletjie kan speel. Maar dis ’n morsige skeiding vanweë al hul bates wat verdeel moet word.” Intussen word ’n transaksie beklink op dieselfde dag dat Jack Gadaffi se regterhand Cosmo (Ronnie Nyakale) sover kry om ’n paar geheime va van sy baas te verklap. C Cosmo aanbid Jack, maar h hy sal praat wanneer die p prys reg is . . .

POSP VIR JOU

Tshi Tshidi is ontsteld wanneer sy h haar seun, Amo (Noluthando Nxumalo), by die dagsorgsen­trum oplaai en kneusplekk­e aan sy arm sien. Sy weet nie Jack is die oorsaak van die beserings aan die baba wat sy en Gadaffi laas jaar by haar broer Tau (Rapulana Seiphemo) en sy vrou Karabo (Connie Ferguson) gesteel het as deel van ’n ander wraakplan nie. “Sy is bekommerd, maar verdink Jack glad nie,” verduideli­k Letoya.

Op Donderdag 28 Julie word Jack se plan in werking gestel wanneer ’n vreemde pakkie afgelewer word. “Jack is soos: ‘Ek gaan die familie vernietig’,” sê Letoya. “Tshidi weet nie hy sit agter alles wat gebeur nie!”

 ??  ?? Die Phakades doen alles – en meer – om hul plan eg te laat lyk.
Die Phakades doen alles – en meer – om hul plan eg te laat lyk.
 ??  ?? Jack kan nie om die bos gelei word nie.
Jack kan nie om die bos gelei word nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa