TV Plus (Afrikaans)

Sepies in die VSA

-

BOLD

Vivienne waarsku Nicole sy moet versigtig wees vir Sasha, Rick is opgewonde oor die planne vir ’n vyandige oorname, en Brooke se skuldgevoe­lens oorweldig haar weens haar affair met Bill en die besef dat sy haar suster Katie baie seermaak. Steffy en Rick is agterdogti­g oor Ridge, en Brooke en Bill word amper tydens seks betrap. Wanneer sy tussen Liam en Wyatt moet kies, neem Steffy die verrassend­e besluit om by Wyatt te bly, en Caroline moet as mediator tussen Ridge en Thomas optree oor hul voortslepe­nde oorlog, en later kry sy ’n slim oplossing vir hul moeilike situasie.

DAYS

Nicole skarrel rond om te bewys sy het Deimos nie vermoor nie, tot Kate se vreugde. Paul moet besluit of hy by sy pa, John, en Steve se Black Patch-agentskap gaan aansluit, en Ciara verwerp Theo – weer. Lucas en Adrienne is meer verlief as ooit tevore, Belle is nie gelukkig met Nicole as ’n kliënt nie, Chloe en Deimos vorm ’n band, en die koekoes Abigail ontsnap uit die geestesinr­igting. Andre stem in om Aiden te help om Hope terug te kry, maar teen ’n prys, en daar heers paniek by die polisiesta­sie wanneer ’n vreemde man, Monahan, erken hy het Stefano vermoor.

Y&R

Phyllis en Billy se romantiese wegbreek word deur Jack onderbreek, wat wil hê almal moet aanbeweeg van die hele Marcoaffêr­e, maar dit gaan nie so maklik wees nie, veral vir Phyllis. Victoria se nuwe man, Travis, maak Billy jaloers, Hilary hou haar siekte geheim, en Mariah is bekommerd oor Sharon se geestesges­ondheid. ’n Triomfante­like Nikki sê vir Victor hul egskeiding is so te sê gefinalise­er en sy is jammer sy het jare by hom gemors, maar Victor dreig om wraak te neem teen die familie wat teen hom getuig het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa