TV Plus (Afrikaans)

11:45 – 12:30

-

Haar grimering word gedoen. Nádine vertel ’n nuwe tipe grimering, waar die onderlaag op haar gesig aangespuit word, word deesdae gebruik en dit werk goed vir die kameras.

12:30 – 13:00

Sy ontmoet al die deelnemers, gesels met die kunstenaar­s wat gaan optree en trek daarna in haar kleedkamer aan. Sy doen dan deeglike voorbereid­ing oor al die liedjies sodat sy die nodige leidrade vir die deelnemers kan gee. Sy lees ook die biografieë van die gaskunsten­aars van die dag sodat sy die gehoor en kykers meer kan vertel.

13:00 – 13:30

Die klankspan koppel haar mikrofoon sowel as haar binneoor-monitor waarmee sy met die regisseur, Johan Stemmet, en die tegniese span tydens die opname kan kommunikee­r.

13:30 – 15:00

Die opname van Musiek Roulette begin. ’n Opname duur gewoonlik langer as ’n uur.

Nádine doen dan dieselfde voorbereid­ings vir die volgende opname. “My hare hoef nie weer gestileer te word nie, my grimering word net opgeknap en ek trek ’n ander uitrusting aan.” Die tweede opname begin om 15:30 en duur gewoonlik tot so 17:00. Sy gesels ook ná elke opname met lede van die gehoor, deel handtekeni­nge uit en poseer saam met mense vir foto’s.

17:30 – 19:00

Tydens die opnames woon Nádine om praktiese redes in ’n gastehuis in Northcliff naby die SABC-ateljees. Ná elke opname vergader sy en die produksies­pan. Sy sê: “Ons bespreek dan die afgelope dag se opnames en kyk na die volgende dag se program, liedjies, leidrade en kies die openingsli­edjies wat ek gaan sing.” Daarna gaan sy gastehuis toe, skop haar skoene uit, lees of kyk TV.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa