TV Plus (Afrikaans)

LIKA DIE KUNSTENAAR

-

Lika kom uit ’n familie wat bekend is vir hul werk in die kunste en toneelbedr­yf. Met die bekende regisseur Regardt van den Bergh as pa, die aktrise Jana Cilliers (Anna Uys in Die Boekklub 2016) as ma en haar oumas – die aktrise Dulcie van den Bergh (Stienie in Agter Elke Man 1985-1990) en die skilderes Bettie Cilliers-Barnard, was sy bestem vir sukses. “My familie het ’n groot invloed op my lewe en loopbaan, maar ek voel ek het my eie pad in die bedryf oopgekrap,” sê sy.

In haar vrye tyd gee Lika haar kreatiwite­it vrye teuels en sy skilder. “Dis my alter ego daai en een van die dae gaan ek ophou toneelspee­l en net fokus op kuns en kos maak.” Sy doen graag druken etswerk op ’n koperplaat­jie nes haar ouma Bettie jare gelede in Parys gedoen het. “En ek bak en brou gereeld. Van my gunsteling­e is ’n lekker gebakte groenteger­eg en piesangbro­od met dadels, stukkies appel en neute.”

GELUKKIGE GESIN

Daar is genoeg mense in haar lewe om aan haar smaaklike kos te smul. Sy en haar akteurman, Clyde Berning (Brad in The Wild 2011-2012), het twee woelwaters­euntjies, Hugo (4) en Jesse (1). Sy sou graag ’n dogtertjie wou hê, maar gaan nie probeer nie, want “voor ons weet, sit ons dalk met ses seuns”.

Wat haar karakter Lena betref, sê Lika dis een van die groot verskille tussen haar en Lena. “Waar Lena lewe vir haar werk, lewe ek vir my gesin.” Maar dan verdedig sy haar vinnig: “Lena lyk dalk soms koud en klinies, maar sy het ’n sagte kant. Kykers moet net Die Byl dophou en sien hoe sy uit haar dop kruip.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa