TV Plus (Afrikaans)

Tot op die been

Booth is vermoedeli­k dood in Bones se voorlaaste seisoen.

- Bones

Seisoen 11 Maandae FOX (*125) 19:20 (vanaf 25 Julie)

Wat die identifise­ring van ’n slagoffer in die polisieree­ks Bones (2005-nou) betref, kan dinge soms lastig raak, veral as die liggaam so ontbind is dat daar nie meer ’n gesig is nie! En Bones skram nie weg van al die bloederige details nie: fans sien alles van ’n slagoffer se ingewande wat uitspring tot bloederige vlees en vel wat afvrot. Maar vir die forensiese antropoloo­g Dr. Brennan, oftewel Bones (Emily Deschanel), en haar FBImaat en man, agent Booth (David Boreanaz), is om naby ’n lyk te wees niks nuuts nie en hulle roem hulle daarop om die moordenaar te vind. In seisoen 10 (2015) het dinge op ’n hartseer noot geëindig toe Bones en Booth albei hul werke by onderskeid­elik die Jeffersoni­an en die FBI vaarwel toegeroep het, wat kykers laat wonder het wat gaan volgende gebeur. “Ons het nie momentum verloor in seisoen 11 nie,” verklap Emily. Sy maak nie ’n grap nie – in episode 1 word ’n liggaam geïdentifi­seer as dié van Booth, maar iets is verdag!

MOENIE MISLOOP NIE

Die reeks, wat in 2017 eindig ná seisoen 12, het altyd interessan­te sake en hier is ’n paar storielyne om voor uit te kyk:

Op wiele

In episode 10 (26 September) word entomoloog Hodgins (TJ Thyne) beseer by ’n toneel toe ’n bom wat in die lyk van ’n polisieman geprop was, ontplof. Hodgins is in die hospitaal en in episode 11 (3 Oktober) sien ons hom in ’n rolstoel.

In episode 12 (10 Oktober) is Bones en kie op jag na ’n reeksmoord­enaar wat sy slagoffers in sy eie persoonlik­e marionette omskep.

Die bekende a cappella- groep Pentatonix verskyn in episode 16 (17 Oktober) wanneer ’n student wat deel is van ’n a cappella-groep dood in ’n kampuslabo­ratorium gevind word.

Reeksmoord­enaar Musikale gaskunsten­aars Liefde in die lug

Dr. Saroyan (Tamara Taylor) en die intern Arastoo (Pej Vahdat) is terug by mekaar in episode 18 (31 Oktober) en besluit om die sprong te maak en te trou.

 ??  ?? Bones (links) en Booth is albei terug vir nog aksiebelaa­ide misdade.
Bones (links) en Booth is albei terug vir nog aksiebelaa­ide misdade.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa