TV Plus (Afrikaans)

Black Sails

-

In die prettige sci-fi-komedie BrainDead (2016-nou) speel Mary Elizabeth Winstead Laurel, ’n dokumentêr­e fliekmaker wat vir haar politikusb­roer werk. Maar Laurel weet nie die VSAregerin­g is op die punt om geïnfiltre­er te word deur breinvrete­nde insekte nie, en sy word in die middel vasgevang . . .

Die gruwel-genre is niks nuuts vir die 31-jarige nie; sy het in The Ring Two (2005), Abraham Lincoln: Vampire Hunter (2012) en 10 Cloverfiel­d Lane (2016) gespeel. Tog is sy by TV-fans die bekendste vir haar rol as die perfekte dogter Jessica Bennett in die sepie Passions (1999-2008) in 1999 en 2000. Om beroemd te wees was nie altyd ’n seën nie – in 2014 was sy een van die celebs by wie se foon ingebreek is en kaal persoonlik­e foto’s is op thefappeni­ng.so gepos. Daar is beroemdes in haar familie – Mary Elizabeth is verwant aan die Hollywood-legende Ava Gardner, wat met Mickey Rooney en Frank Sinatra getroud was voor sy in 1990 oorlede is. Sy is mal oor sosiale media en gebruik haar Twitter-rekening @M_E_Winstead om fans oor haar werk ingelig te hou, soos die inskrywing: “Ek het gedog #BrainDead het reeds vir die gekste toneel van my loopbaan gesorg, maar dit het homself oortref #justwaitan­dsee.” En as jy wonder wie die ou op die meeste van haar foto’s is, dis haar fliekregis­seurman Riley Stearns. Hulle is in 2010 in Austin, Texas, getroud. Anders as baie aktrises weier Mary Elizabeth om brandmaer te wees. “Ek kom van Noord-Carolina, waar ons olierige, vetmakende kos eet. Ek hou daarvan om kurwes te hê. Die belangriks­te ding vir my is net om gesond te wees,” sê sy.

 ??  ?? Black Sails History 20:30
Black Sails History 20:30

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa