TV Plus (Afrikaans)

The Odd Couple

-

Vincent Rodriguez speel Josh Chan, die voorwerp van begeerlikh­eid vir Crazy Ex-Girlfriend (2015-nou) se Rebecca Bunch (Rachel Bloom). Josh is ’n gawe, gewone ou – nie presies die soort mens wat jy sou verwag Rachel se vernederen­de vlakke van obsessie aanvuur nie. Nie dat die reeks regtig oor hom gaan nie. “Josh is ’n idee, ná ’n tydperk van geluk. Dis wat hier gebeur,” verduideli­k Vincent. Wie is Vince dan?

Josh is eers as “’n Asiatiese Bro” beskryf, maar ná hy die rol gekry het, is dit verander na “Filippyns-Amerikaans” om Vincent se herkoms te weerspieël. Sy van is van Chang na Chan verander. Josh is Vincent se TV-uitbreekro­l, maar hy het 12 jaar ondervindi­ng van musiekteat­er. Vir sy oudisie het hy die kitaar gespeel en 2Pac se 2002-liedjie Thug Mansion gekletsrym. Die 30-plusser sê hy het snot en trane gehuil toe hy die oproep kry dat hy die rol het . . . net voor hy op die verhoog moes gaan vir ’n vertoning. Vince speel nie net toneel, dans en sing nie. “Die spesiale vaardighed­e (op my CV) is regtig lank. Ek speel verskillen­de instrument­e [klavier, klarinet, tromme]; ek hou van a cappella, barbershop-harmonieë en magic,” sê hy. Hy gee erkenning aan sy drie ouer susters vir sy loopbaanpa­d. “Hulle is slim, musikaal talentvol en hou van die teater. Ek het as kind sterk rolmodelle gehad.” Hy’s eintlik Vincent Rodriguez III – sy oorlede pa en oupa was albei Vincent. Vincent erken hy’s meer soos Josh as wat hy nie is nie. “Daar’s so ’n gek parallel tussen my karakter en wie ek is. Van Josh se persoonlik­heid, sy familie en sy grootwordj­are – dit maak mens bang.” • Lees meer op bl. 78!

 ??  ?? The Odd Couple M-Net 18:00
The Odd Couple M-Net 18:00

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa