TV Plus (Afrikaans)

Verlief – vir ewig!

Rebecca Bunch is obsessief daaroor om haar eks terug te wen in die musikale komedie Crazy Ex-Girlfriend.

- Crazy Ex-Girlfriend

Seisoen 1 Saterdae Vuzu AMP (*103) 19:30

In pas met hoe baie jongmense deesdae hul loopbane afskop, het Rachel Bloom ook eers begin met ’n YouTube-kanaal met snaakse musiekvide­o’s. Dit het ontwikkel tot die idee vir die aweregse TV-reeks Crazy Ex- Girlfriend (2015-nou) oor die prokureur Rebecca Bunch, wat enigiets – en ons bedoel enigiets – sal doen om haar ekskêrel terug te kry. Sy bedank halsoorkop en trek na waar hy bly, jok, spring in die bed met sy beste vriend en probeer sy huidige meisie se beste maat word. Maar dis nie ’n voor-diehand-liggende liefdesver­haal nie – Rebecca is obsessief, sy gedra haar byna soos ’n bekruiper en eintlik is sy totaal van haar trollie af. En dis vir Rachel heerlik om haar te speel.

Hoeveel het jy en jou karakter gemeen?

Die program is soos ’n emosionele biografie van my as ek op my slegste is. Wanneer ek verlief is, sal ek alles doen om daardie persoon te kry. Dit het my ’n slegter mens gemaak. Ek sou jok. Ek was laat vir klas, want ek sou by iemand se woonstel wees ver van die plek af waar ek eintlik moes wees [om hom te kan sien].

Is jy ’n goeie meisie?

[Lag] Ek’s getroud en ek dink ek is verstandig. Ek en my man [die komediant Dan Gregor] is al sewe jaar saam. Hy’s wonderlik en om by hom te wees het my stabilitei­t gegee. Hy het my ’n beter mens gemaak, soos ek dink dit moet wees as jy saam met iemand is wat vir jou bedoel is. Danksy hom is ek eintlik meer myself, as dit sin maak. Ek dink ek is geneig tot angs en depressie en dis skrikwekke­nd wanneer daardie emosies oorneem. Liefde was altyd vir my ’n manier om van hartseer te ontsnap. So die vrees dat ek self my sinne verloor is hoekom ek daarvan hou om op mal karakters te fokus.

Die mal karakters is soos ’n wens wat waar geword het. Ek het altyd mal gevoel, maar ek het genoeg insig om te weet ek moenie

Was jy al ooit ’n mal eks?

 ??  ?? Die mal Rebecca kan enige vervelige familie-ete in ’n saamsing-avontuur omtower.
Die mal Rebecca kan enige vervelige familie-ete in ’n saamsing-avontuur omtower.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa