TV Plus (Afrikaans)

ANDER KARAKTERS

-

Ralie (Elandri Stricker, ook gesien as Marghereet in die dramareeks Dit Wat Stom Is in 2005):

’n Joernalis van die SABC wat met Andries ’n onderhoud voer oor sy plakkery. Sy ken hom van kleins af en vermoed hy is haar pa omdat hy iets vir haar ma voel.

Mev. Hertzkovit­z (Annie Robinson):

’n Snobisties­e rooinek wat trots is op haar sogenaamde betrokkenh­eid by die struggle tydens apartheid. Sy het die grond langs haar huis, waar Andries nou plak, as ’n bewaringsg­ebied vir ’n rare skoenlappe­rspesie laat verklaar. Sy kla oor Andries wat volgens haar pervers is en homself ontbloot omdat hy net in sy reënjas gesien word.

Heila Melck (Elize Cawood, Susanna van 2013-2015 in Binnelande­rs, 2004-nou):

Andries se eksvrou. Sy is ook verbitterd, want ná 25 jaar se getroude lewe het sy alles verloor. Sy gee nog baie vir Andries om en bring gereeld vir hom kruidenier­sware.

Paulus Tshukudu (Fezile Mpela, Ike in Getroud Met Rugby – Die Sepie 2016-nou):

Andries se gewese plaasbestu­urder aan wie hy sy plaas verloor het. In episode 2 (10 Augustus) kom plak Paulus saam met Andries nadat hy deur die Tswanas ingeloop is.

Die burgermees­ter (Sello Sebotsane, past. Morake in Rockville 2013-nou):

Die Joburgse burgemeest­er is paranoïes oor Andries wat op regeringsg­rond plak en is bekommerd as hy Andries verwyder, gaan hy publieke oproer veroorsaak omdat Andries wit is.

Milly van der Westhuizen (Nazli George, Dawn in 2014 in Binnelande­rs 2004-nou):

Sy moet vir die burgemeest­er meer oor Andries uitvind.

Sandy Hall (Alvin Bruinders, Sheridan in Vetkoekpal­eis 1996-2000):

’n Skollie en kansvatter wat ons eers in episode 6 (7 September) leer ken. Hy probeer meer inligting uit Ralie kry oor hoe hy Andries om die bos kan lei.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa