TV Plus (Afrikaans)

OOR DIE REEKS

-

Die skepper Ashley Taylor sê die idee vir die show het hom getref toe hy saam met sy ma in die kombuis doenig was. “Ons ouens is na aan ons mammies en ek het opgelet as die familie saam kos maak kom ’n ander sy van almal na vore: ’n mallerige klankie,” sê hy. So het hy en Siv, wat al saamgewerk het, aan hul eerste gesamentli­ke produksie begin werk. “Die naam het net by my opgekom,” sê Ashley. “Soms klink dit soos ‘Jou MasterChef’ as Siv moeg is, maar ons wil nie gedagvaar word nie, so ons help hom altyd reg.”

Oor sy keuse van Siv as die gesig van die program, verduideli­k Ashley uit hul vriendskap is ook ’n wedersyds voordelige sakeverhou­ding gebore. En terwyl Siv ontstelde ma’s op stel troos, vermaak Ashley se agtergrond-kommentaar die kykers by die huis. “Siv is een van die sjarmantst­e mense op aarde. Ma’s is mal oor hom,” sê Ashley. “Hy kan enige vrese besweer. Hy’s baie liefdevol en vorm maklik ’n band met ma’s.”

Wat die program so besonder maak, sê Ashley, is die beoordelaa­r wat die disse aan die einde van elke episode proe. Vergeet van die Michelin-ster- elitesjefs – die reeks kry gewone mense om die geregte te proe. “Van ’n farmaseuti­ese rep tot ’n kinderoppa­sser, ’n taxibestuu­rder tot ’n student en almal tussenin – ons kry regte mense om die skeppings te beoordeel en elke episode se wenner gaan deur na die top-11, wanneer kykers stem vir wie die laaste episode, 13 (30 September), haal,” sê Ashley. “Die celeb-ma-wenspan wen kontant vir ’n liefdadigh­eidsorgani­sasie van hul keuse,” voeg hy by.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa