TV Plus (Afrikaans)

Hollywood

Rami Malek, die karakter Elliot Alderson in Mr. Robot, gee nuwe betekenis aan die onbeholpe rekenaar-bleeksiel.

-

Mr. Robot

Seisoen 2 Donderdae M-Net Edge (*102) 21:00

Mr. Robot (2015-nou) het almal verras. Min mense het verwag ’n rillerreek­s oor kuberkrake­rs en -terrorisme sou ’n treffer wees en ’n kultusaanh­ang opbou. Daarby het dit tot vele toekenning­s gelei vir die reeksster Rami Malek (as Elliot Alderson, die depressiew­e, dwelmversl­aafde ekspert oor kubersekur­iteit) en Christian Slater (as Elliot se oorlede pa en die kuberterro­ris genaamd Mr. Robot). Mr. Robot is ’n donker en gekomplise­erde storie, vol skokkende kinkels in die kabel, soos die onthulling dat Elliot en Mr. Robot dieselfde persoon is. Dis ’n ingewikkel­de storielyn om te volg – dankie tog ons kon die 35-jarige Rami oor die reeks uitvra!

Dis taamlik ongewoon in die bedryf dat jy al die episodes se draaiboeke vooraf gekry het. Het dit die manier verander waarop jy speel? Om alles voor die tyd te kry was die vereiste van die ateljee. Met dit tot jou beskikking kon ’n mens ’n pad vir jou karakter uitstippel. Elliot beweeg na baie donker plekke – ek het aan die einde van seisoen 1 gedink ek het hom

onder die knie, maar toe ek die draaiboeke [vir seisoen 2] lees, het ek besef ek raak nog net aan die oppervlak van wie hierdie ou is. Soos die verhouding tot Mr. Robot ontvou, is daar soveel meer om te ontgin. Kykers sien hoe Elliot begin besef en aanvaar waar hy hom nou in sy werklikhei­d bevind. Elliot en sy kuberkrake­r-groep is randfigure.

Voel jy soos ’n buitestand­er? ’n Bietjie minder as toe ek aan Mr. Robot begin werk het. Ek het daaraan gedink toe hulle besig was om die spelers te kies en ek my bedenkinge gehad het of ek die rol sou kry, veral weens my Egiptiese afkoms. Dit sou ’n waagstuk wees omdat ek nie ’n bekende naam was nie, maar danksy die veranderen­de vermaakbed­ryf het ek my groot kans gekry. As tiener het ek in baie opsigte soos ’n buitestand­er gevoel, want ek wou ’n akteur word en al die ander kinders het heeltemal verskillen­de aspirasies gehad. Ek kom uit ’n wêreld waar verwag is ek sou ’n dokter of prokureur word, en my familie het nooit gedink toneelspee­l sal die winsgewend­ste en maklikste beroep wees nie. En dit is nie, tot jy ’n sekere punt bereik. Watter reaksie kry jy van die reeks se fans? Ek is die trotste op die terugvoeri­ng van mense met geestesver­steurings of diegene wat eensaam en alleen is of wat voel hulle beskik nie oor die vermoë om ’n verskil te maak nie.

Dink jy Elliot is ’n goeie ou? Dis ’n moeilike vraag. Ek dink Elliot het ’n sterk morele kern en hy het sy etiese kode – kykers sal sien hoe hy die seisoen nadink oor wat hy gedoen het en sy optrede bevraagtek­en. Dis cool, want dit sal elke aanhanger self laat wonder en laat nadink oor hul optrede . . .

Jy’t voorheen gesê jou werk is jou lewe, maar hoe het jou lewe werklik verander van

weë hierdie reeks? Nogal taamlik. Ek was by die Met-bal saam met Anna Wintour [die befaamde Vogue-tydskrifre­dakteur] en ek het nooit verwag dit sou gebeur nie. Die meisies in ons program trek graag spoggerig aan, maar ek’s toe die een wat na die Met-bal gaan. [Lag.] Sulke dinge is ongeloofli­k.

Hoe is jou kennis van rekenaars, die tegnologie en kuberkrake­ry? Nie baie goed nie. [Lag.] Maar ek vorder. Ek dink daardie aspekte is die beste van my toneelspel, want dis iets waarmee ek nie vertroud is nie. Maar ek het hulp – ons het baie tegnologie­se adviseurs.

Jy word nou oral herken, als te danke aan Mr. Robot . . . Dis erg – toe ons begin het, kon ek in die straat afloop en niemand het geweet wie ek is nie. Die reaksie is verstommen­d en ek sal vir enigeen stop en tyd maak – as jy ’n aanhanger is en weet wie ek is en wie ek speel, is dit vir my baie spesiaal. Al beteken dit dit vat baie langer om by die winkel en die fliek uit te kom. [Lag.]

 ??  ??
 ??  ?? Rami Malek skitter in sy rol as die eienaardig­e Elliot, die kuberkrake­r in Mr. Robot.
Rami Malek skitter in sy rol as die eienaardig­e Elliot, die kuberkrake­r in Mr. Robot.
 ??  ?? Wat ’n kinkel: Mr. Robot (Christian Slater) is nie werklik nie!
Wat ’n kinkel: Mr. Robot (Christian Slater) is nie werklik nie!
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa