TV Plus (Afrikaans)

SUPERGELAA­IDE SEPIES

-

“Sodra daar iets bonatuurli­ks in die program is, kry ons ’n hoë AR (gehoorreak­sie),” sê Scandal! (2005-nou) se vervaardig­er, Ilse van Hemert. “Die feit dat jy jou man kan ‘ toor’ om net vir jou oë te hê, die feit dat jy jou mededinger­s kan ‘ toor’ sodat iets met hulle gebeur . . . hierdie moontlikhe­de sorg vir fantasiese sepiestori­elyne omdat jy vrye teuels het – jy kan The Daily Sun (SA se suksesvols­te poniekoera­nt) wees. Maar hoe word dit gebruik sonder dat dit uitbuiting is?” vra Ilse. Respek en navorsing: dis die twee woorde wat telkens opgeduik het toe ons met SuidAfrika­anse sepieverva­ardigers gepraat het.

DIE HOE, WAAR EN HOEKOM

Respek vir ons kulturele tradisies behels dat dit korrek weergegee moet word, maar wat in die sepie gewys word, verskil na gelang van waar dit afspeel. Sepies in stede is geneig om ’n reeks praktyke te kombineer, wat die hutspot van ’n stad gevul met verskillen­de gelowe uitbeeld. Met sepies in landelike gebiede sal seker gemaak word die weergawe van plaaslike gelowe is so akkuraat moontlik.

Isibaya (2013-nou) speel deels in Johannesbu­rg en deels in die Thukelaval­lei in KZN af, en die uitvoerend­e vervaardig­er Desiree Markgraaff vertel: “Ons praat met baie mense wat in hierdie veld werk om te verseker ons is korrek. Dit sluit in tradisione­le beoefenaar­s in die stad en in die Msingagebi­ed, waar ons storie gebaseer is.”

Daarteenoo­r volg Scandal! (in Jo’burg se Newtown) en High Rollers (2013-nou, in Jo’burg se noordooste­like voorstede), eerder ’n benadering van veralgemen­ing. Ilse verduideli­k: “In ’n sekere gebied kan daar ’n spesifieke manier wees waarop dinge gedoen word, en in die dorpie net langsaan kan daar ’n effe ander manier van doen wees – en elkeen sal glo sy manier is die

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa