TV Plus (Afrikaans)

Nare rassisme

Die polisieman Eddie moet erge aantygings teen hom hanteer.

- Isidingo

Weekdae SABC3 (*193) 19:00

Horizon Deep se gerespekte­erde geregsdien­aar Eddie Holmes (Paul Buckby) veg op Woensdag 17 Augustus vir sy loopbaan. Hy word voor die hof gedaag en daarvan beskuldig dat hy ’n “nuttelose, rassisties­e polisieman” is ná hy ’n dronk en rumoerige Obakeng (Anga Makubalo) by sy dogter, Charlie (Michaella Russell), se verrassing­spartytjie op Maandag 1 Augustus gearrestee­r het. En baie meer is op die spel . . .

SKOK OP SKOK

“Om ’n rassis genoem te word laat Eddie verneder en kwaad voel,” sê Paul. “Hy is bekommerd oor sy gesin en hoe dit hulle raak.” Eddie se wêreld is binne net twee dae op sy kop gekeer – hy is op Maandag 15 Augustus geskors as die Horizon Deep-polisiesta­siebevelvo­erder, en net die volgende dag, op Dinsdag 16 Augustus, het sy verhoor begin. Eddie is gevra om onder eed sy weergawe van die gebeure te gee. Terwyl hy op sy verdedigin­g fokus, kry Eddie ook te doen met persoonlik­e uitdagings. “Sy vrou, Yvette (Charmaine Weir-Smith), het padgegee [op Maandag 15 Augustus] om van die ongewenste aandag en dreigement­e op sosiale media weg te kom. Eddie is bekommerd hoe hy ooit hiervan gaan herstel . . . indien ooit!” verklap Paul.

RUG TEEN DIE MUUR

Op Woensdag 17 Augustus gaan die hofsaak voort en Eddie word in ’n hoek gedruk. Lerato (Tema Sebopedi) se suster Kamohelo (Makgotso M) getuig – sy’t haar oog op Obakeng en lieg om hom te beskerm deur te ontken Obakeng het hom sleg gedra by die partytjie. Eddie is ook nie gelukkig met die regter nie en dink hy kry nie ’n regverdige verhoor nie. Op Donderdag 18 Augustus vra Eddie vir ’n ander regter, maar die volgende dag, op Vrydag 19 Augustus, word sy versoek afgekeur en Eddie besef sy eens gunstige openbare beeld word uitmekaarg­etrek.

“Voor die gebeure was The Deep vry van rassekonfl­ik en ’n multikultu­rele gemeenskap,” sê Paul. “Maar nou kom almal se verskille na vore en die dorp word ’n gespanne plek.” Die immer profession­ele Eddie bekommer hom omdat hy nie die wet kan toepas en seker maak Horizon Deep en sy mense is veilig nie. “Eddie begin beheer verloor en sy lewe sal nie weer dieselfde wees nie,” sê Paul. En om op Maandag 29 Augustus emosionele berading en hulp by dr. Beth te gaan soek, is dalk nie genoeg om Eddie te red nie . . .

 ??  ?? Eddie se reputasie is aan flarde ná Obakeng (inlas) se beskuldigi­ngs.
Eddie se reputasie is aan flarde ná Obakeng (inlas) se beskuldigi­ngs.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa