TV Plus (Afrikaans)

Geraamtes wil uit die kas val

Chris en Mariaan sukkel om hul groot geheim van Alexa weg te hou.

- 7de Laan

Weekdae SABC2 (*192) 19:00

Vandat die Welmans in Junie in Hillside opgedaag het, weet ons daar is geraamtes in hul kas. En dit lyk of een van die beendere nou so hard ratel dat hulle dit nie verder kan wegsteek nie. Dis duidelik Mariaan (Deirdre Wolhuter) en haar man, Chris (David Rees), probeer iets van hul dogter Alexa (Carina Nel) weerhou. Waarom anders probeer Mariaan die vriendskap tussen Alexa en haar destydse kinderoppa­sser Vanessa (Ingrid Paulus) in die kiem smoor? En ons weet mos al geheime in die Laan kom altyd op die lappe . . .

CHRIS PRAAT SIN

Chris besef dit lyk baie verdag dat hy en sy vrou aankarring oor Alexa en Vanessa se gesprekke, en op Woensdag 17 Augustus probeer hy Mariaan oortuig om dinge met rus te laat. Mariaan stem in, maar intussen het Alexa self probeer uitvind hoekom haar ouers ’n hekel aan Vanessa het.

Carina sê Alexa verstaan nie haar ma se teenkantin­g nie. “Sy praat met haar broer, Rickus (André Lotter), in die kliniek en wil weet wat hy kan onthou van die dag toe sy as kind deur ’n motor by hul huis omgery is, en hoekom Vanessa ná daardie insident nie meer vir hulle gewerk het nie.”

André sê al wat Rickus kan onthou, is dat hy nie die ongeluk sien gebeur het nie. “Hy was besig om krieket te speel en hul ander sus, Amorey (Kristen Raath), was op die swaai. Hy het net ’n slag gehoor en toe Vanessa wat gil.”

Later die dag loop Alexa vir Vanessa in die arkade raak en sê vir haar dis beter as hulle nie meer te veel tyd saam deurbring nie, want dit ontstel haar ma. “Vanessa probeer verstaan hoekom Alexa haar wegstoot,” sê Ingrid, maar dan voeg Alexa by dis omdat Vanessa haar ma aan die ongeluk herinner. En omdat Alexa weens die ongeluk nie kinders kan hê nie en dus nooit ’n ma sal wees nie.

VANESSA SE PENARIE

Vanessa sit dadelik twee en twee bymekaar en besef Alexa ken nie die volle waarheid nie. Almal dink dit was ’n dronk bestuurder wat Alexa daardie dag omgery het, maar Vanessa het gesien wie agter die stuur was: dit was pa Chris!

Vanessa het nooit eens haar ma, Charmaine ( Vinette Ebrahim), die waarheid vertel nie en by die Welmans se dronkbestu­ur-storie gehou, maar op Donderdag 18 Augustus soek sy raad by Charmaine in Oppiekoffi­e. “Sy dink dis tyd dat Alexa die waarheid weet,” sê Ingrid.

Teen toemaaktyd sien Charmaine vir Mariaan in die arkade. Mariaan wil nog groet, toe spoeg Charmaine vuur en konfrontee­r Mariaan oor die geheim waarmee sy Vanessa – en Alexa – al die jare opgesaal het. Maar gaan Charmaine nou almal in die Laan vertel?

 ??  ?? Vanessa is in ’n moeilike situasie. Alexa raak agterdogti­g en soek antwoorde.
Vanessa is in ’n moeilike situasie. Alexa raak agterdogti­g en soek antwoorde.
 ??  ?? Chris is nie so onskuldig nie . . .
Chris is nie so onskuldig nie . . .

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa