TV Plus (Afrikaans)

Twee wêrelde

Johan Scholtz is weekdae akteur en Sondae ’n pastoor.

- Getroud Met Rugby

Weekdae kykNET (*144) 18:30

Toe die skrywer en vervaardig­er Deon Opperman in 2008 na die geskikte akteur vir die rol van die afrigter Schalk Brand vir sy dramareeks Getroud Met Rugby (20092015) soek, was Johan Scholtz (55) sy eerste keuse. Maar Johan was in daardie stadium pastoor en wou nie eintlik weer toneelspee­l nie. “Ek het ná die sepie Egoli – Plek Van Goud (1991-2010), waarin ek ses jaar (van 1995-2001) Adriaan Malan gespeel het, besluit om voltyds die Woord te bedien,” vertel Johan. Hy het toe etlike jare voltyds die evangelie verkondig en gedurende die tyd pastoor geword. Daarna het hy besluit om weer sy twee passies te kombineer – en nou is Johan pastoor en as Schalk in Getroud Met Rugby – Die Sepie (2016-nou) te sien.

MORELE KOMPAS

Johan ken Schalk Brand al soos die palm van sy hand. “Schalk is die morele kompas. Hy is emosioneel intelligen­t, het baie integritei­t en is soos ’n tweede pa en mentor vir sy spelers,” sê Johan. Waar talle karakters soos Fafa (Altus Theart) sedert die aanvang van die dramareeks Getroud Met Rugby ’n kentering ondergaan en verander het, is Schalk die standvasti­ge een. “Hy bly die rots in die storie en laat hom nie maklik van stryk bring nie.”

Johan het sedert die reeks sewe jaar gelede begin het en onlangs ’n sepie geword het, geleer om sy lewe as akteur en pastoor goed te balanseer. “Ek is nie ’n akteur wat ’n Christen probeer wees nie, maar ’n Christen wat ’n akteur is,” sê Johan op sy ferm manier. “Baie Christene gee vandag voor wat hulle nie is nie, en baie gemeentes fokus vandag sterk op ‘vermaak’ en nie op ’n verhouding met God nie,” voeg hy by.

Toe ’n mede-akteur Johan op ’n keer vra hoekom hy nie op die stel Bybel lees en vir mede-akteurs preek nie, was Johan se antwoord: “If my walk don’t convince you, my talk will confuse you.” En hy voeg by: “Ek probeer by my werk-

TOEGEWYDE GESINSMAN

Terwyl Johan die ewewig tussen pastoor en akteur moet behou, bly sy gesin die prioriteit in sy lewe. Johan en sy vrou, Lulu, ’n onderwyser­es, is 17 jaar getroud en het twee kinders, Simeon (14) en Lara (11). “Lara is lid van die Suid-Afrikaanse landloopsp­an en Simeon is ’n ywerige rugbyspele­r,” vertel hul pa trots.

Lulu was nog altyd ’n groot steunpilaa­r vir hom. “Ek dink nie dit kan maklik vir ’n vrou wees om te sien hoe haar man elke aand ’n ander vrou, oftewel ’n sepie-vrou, het nie. Dit verg ’n sensitiewe en verdraagsa­me vrou met baie wysheid om daarmee te kan saamleef,” sê Johan.

Al wanneer hy en sy vrou nie om dieselfde vuur sit nie, is wanneer hulle rugbyspann­e aanmoedig. “Ek skree vir die Blou Bulle en Lulu vir die Leeus. Maar in hierdie stadium dink ek sy skree vir die regte span,” skerts hy.

MUSIEK EN FLIEKS

Musiek en sang bly ’n groot liefde. Toe Johan van 1984 tot 1987 drama by Tukkies studeer het, het hy in die Trukoperak­oor gesing. Johan het reeds drie albums uitgereik: In Duet (1999) saam met Illse Roos; Johan Scholtz (2001), ’n album met romantiese liedjies; en die gospel-album Adonai (2006) saam met Karien Coertze. In 2013 het hy die regie van die musiekblys­pel Jesus behartig.

Tussendeur vervaardig Johan kortfilms. Sy eerste kortfilm, The Drug Tag, oor dwelmversl­awing, is reeds voltooi (op YouTube) en sy tweede, Die Boelie, is tans in pre-produksie en sal na verwagting in 2017 vir die kykNET-Silwersker­mfees ingeskryf word. “Ek skryf al die tekste self en probeer ’n besliste boodskap oordra. Die volgende twee temas wat ek wil takel, is aborsie en pornografi­e.”

Vir iemand wat so aan die gang is, is dit verstommen­d om te dink Johan kry tyd om tot stilstand te kom om voor te berei en te preek!

 ??  ?? Johan Scholtz speel die standvasti­ge Schalk Brand in Getroud Met Rugby.
Johan Scholtz speel die standvasti­ge Schalk Brand in Getroud Met Rugby.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa