TV Plus (Afrikaans)

Huweliksdr­ama

Simon trek uit die huis, maar Renate wil hul huwelik red.

- Getroud Met Rugby

Weekdae kykNET (*144) 18:30

Simon (David Louw) se skoorsoeke­rige ma, Yvonne (Karin Retief), se onlangse kuiertjie het dinge tussen Simon en sy vrou, Renate (Christel van den Bergh), net verder vertroebel. “Hoewel almal dink Renate is die probleem in hul huwelik, het Simon hierdie keer net soveel skuld,” sê Christel. “Simon is die een wat nie nou kinders wil hê nie. Toe Yvonne oor kleinkinde­rs skimp, het Simon voorgegee Renate is die selfsugtig­e een. Daarby het hy nie die moed gehad om vir sy ma te sê sy veroorsaak spanning in hul huis nie,” vertel Christel.

Maar die skoonmonst­er het skaars gegroet, of Simon besluit hy gaan nie die keer die minste wees nie. In sy oë het Renate onmin met sy ma veroorsaak, en daarom pak hy op Donderdag 18 Augustus sy tasse terwyl ’n seergemaak­te Renate toekyk.

KERN VAN DIE PROBLEEM

“Renate is ’n gekomplise­erde mens,” vertel Christel. “Haar ouers is oorlede en sy het ryk gëerf, maar daar het iets tragies in haar verlede gebeur waarvan sy wegskram.” Hoewel Renate baie impulsief optree, het sy geen kwade bedoelings nie. “En Monstertji­e, soos sy haar geliefde Simon noem, is die nommer een in haar lewe. Maar dit kan ook die kern van haar probleem wees, omdat haar liefde vir Simon versmorend is,” voeg Christel by.

Renate kry wel ’n sprankie hoop wanneer Simon uit sy eie besluit om op Dinsdag 23 Augustus met die sielkundig­e Iva (Nadia Beukes) te gaan praat. “Dit verseker haar Simon het nie heeltemal moed opgegee nie en wil aan hul huwelik werk,” sê Christel.

LYSIE TABOES

Die volgende dag, op Woensdag 24 Augustus, trek Simon terug huis toe, maar die atmosfeer in die Greeffs se huis bly stram. “Renate en Simon besluit om saam vir huweliksbe­rading by Iva te gaan, maar Renate het haar eie voorwaarde­s,” vertel Christel. Sy gee vir Simon ’n lysie met al die onderwerpe wat hulle nie met Iva mag bespreek nie: kinders, haar erfgeld en hul slaapkamer­sake. En Simon wonder waaroor hulle moet praat as nie een van die kwelpunte geopper mag word nie.

Tydens die berading besef albei hulle moet selfonders­oek doen. “Renate se probleem is sy weet nie regtig wie sy is en wie sy moet wees nie,” sê Christel. En terwyl die paartjie se verhouding wipplank ry en Iva laat kopkrap, kom Simon tot die slotsom: hy kan nie met of sonder Renate leef nie. Maar net soos met Renate se voorwaarde­s, laat dit hom nie met veel keuses nie.

 ??  ?? Renate en Simon lyk nie te liefies aan die etenstafel nie.
Renate en Simon lyk nie te liefies aan die etenstafel nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa