TV Plus (Afrikaans)

Groot geheim

Tallulah verloor die baba, maar wil nie vir Ben vertel nie.

- High Rollers

Weekdae SABC3 (*193) 19:30

Sedert Ben (Viljé Maritz) in Julie uitgevind het Tallulah (Haley Owen) verwag sy kind, is sy planne om weer met sy eksvrou, Esme (Carine Rous), versoen te raak van die baan. Selfs al is hy nie regtig lief vir Tallulah nie, besluit Ben om sy plig te doen en met haar te trou ter wille van hul kind. Maar hul paadjie kansel toe gaan met dorings besaai wees, veral wanneer Tallulah ’n miskraam by hul verlowings­partytjie het en besluit om dit vir Ben geheim te hou.

’N MA SE AFKEURING

Ben se verlowing aan Tallulah dra nie die King-familie se goedkeurin­g weg nie. Sy ma, Analine (Rolanda Marais), hou nie eintlik van Tallulah nie, maar sy besluit om haar gevoelens vir haarself te hou en help Tallulah op Donderdag 18 Augustus om reëlings vir ’n verlowings­partytjie te tref. Maar teen Maandag 22 Augustus verander Analine van deuntjie wanneer Tallulah tydens die partytjie by die King-huis onskuldig aanbied om haar kind Marcus te noem, ter ere van Analine se oorlede seun – hy is in 2015 dood ná komplikasi­es weens sistiese fibrose.

Haley sê Analine is hewig ontsteld toe Tallulah Marcus se naam noem. “Analine sê reguit vir Tallulah sy wil nie hê Marcus moet met haar geassosiee­r word nie. Dis ’n groot skok vir Tallulah. Tallulah het so hard probeer dat Ben se familie haar aanvaar en nou is alles bederf,” voeg Haley by.

Om sake te vererger gaan Tallulah se liggaam in skok weens haar emosionele toestand, en tydens ’n stil oomblik by die partytjie begin sy ’n steekpyn in haar maag voel. Gelukkig kom haar huismaat Kenny (Muzi Mthembu) op haar af en neem haar reguit hospitaal toe.

LEWENSVERL­IES

Die volgende dag, op Dinsdag 23 Augustus, word Tallulah in die hospitaal wakker en hoor sy het ’n miskraam gehad. “Sy is verpletter,” sê Hayley, en voeg by haar karakter is nie bereid om Ben te vertel nie. Sy oortuig Kenny om vir niemand te sê sy’t die baba verloor nie. “Tallulah was so opgewonde om ’n gesin saam met Ben te hê. Sy het geweet die baba is haar manier om ’n lewe as een van die Kings te kan hê.” Later die dag, wanneer sy huis toe gaan, maak Tallulah of niks verkeerd is nie en die Kings is soos altyd kil teenoor haar. Moeg en emosioneel laat sy Ben op die bank slaap en is op die ou end huilend en alleen in die slaapkamer.

VALSE VOORWENDSE­LS

Op Woensdag 24 Augustus pleit Kenny by Tallulah om Ben die waarheid te vertel, maar sy weier volstrek. “Tallulah is oortuig daarvan as sy Ben die waarheid vertel, gaan sy hom verloor. Sy weet hy’t net ingestem om met haar te trou vanweë sy pligsbesef oor die baba, en nou is daar nie meer ’n baba nie,” sê Hayley. Die volgende dag, op Donderdag 25 Augustus, vra Tallulah vir Kenny om vir haar ’n vals swanger maag in die hande te kry, en sy reël dat haar dokter al die rekenings direk aan haar stuur.

 ??  ?? Alles is nie wel met Tallulah by haar verlowings­partytjie nie.
Alles is nie wel met Tallulah by haar verlowings­partytjie nie.
 ??  ?? Kenny moet troos.
Kenny moet troos.
 ??  ?? Tallulah kry hartseer nuus.
Tallulah kry hartseer nuus.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa