TV Plus (Afrikaans)

Bedorwe brokkie

Die rigtinglos­e Jerome probeer alleen die mas opkom.

- Suidooster

Ma.-Do. kykNET (*144) en kykNET & kie (*145) 18:00 en kykNET & kie 20:00

Jerome (Danny Ross) moet kelner in die Oos-Wes-restaurant speel en agter almal rondhardlo­op nadat sy pa, Ian (Abduraghma­an Adams), hom op Maandag 8 Augustus afgedank het. Maar die happy-golucky Jerome kruip agter sy sjarme weg en neem dit glad nie ernstig op nie. En kort voor lank is hy ’n tweede keer sonder werk.

GROOT PIEKNIEK

Jerome beskou die lewe as een groot piekniek, vertel Danny. “Hy dink dis kinderspel­etjies om ’n kelner te wees. Jerome kuier amper meer as die klante in Oos-Wes en werk hom glad nie dood nie,” voeg Danny by.

Op Maandag 22 Augustus sê Jerome vir Stefan se vrou, Michelle (Greta Pietersen), hy het glad nie ’n idee wat van hom as kelner verwag word nie. Jerome draai die sjarme-kraantjies oop en is oorvriende­lik met die klante, en ja, natuurlik veral die vroulike klante. “Hy maak sy eie reëls en is seker almal gaan daarvan hou. Hy is immers Jerome, en almal is mos mal oor Jerome,” sê Danny.

Oom Fasie (Johan Botha), die eie- naar van Oos-Wes, is self onkant gevang omdat Stefan (Gideon Lombard) sy joller-vriend Jerome so skielik by die restaurant aangestel het. Op Woensdag 24 Augustus neem Jerome die klantedien­s net té ver en oom Fasie dank hom summier af. Maar Jerome gaan nie op ’n hopie sit nie.

DIE VAN IS OCTOBER . . .

Jerome is die ewige optimis en as daar ’n terugslag is, beweeg hy noodgedwon­ge aan, sê Danny. “Hy het darem bietjie van sy pa se gene geërf en is altyd besig met ’n nuwe plan, hoewel sy idees meer eerbaar is as sy pa s’n.” As jy die seun van die gedugte eiendomsma­kelaar Ian October is, kom dit met baie bagasie, voeg Danny by. “Die van October skep hoë verwagting­e.”

Tot dusver kon Jerome lekker op die rug van die October-van ry, maar nadat sy pa hom die deur gewys het by die werk, besef Jerome hy is op sy eie. Hy sal nou sy eie potjie moet krap.

Maar vir eers moet Jerome lig loop en nie sy bande met sy gesin heeltemal verbreek nie. Sy enigste suster, Nicci (Gerwen Simon), se groot troue met Tim (Marco Spaumer) op Donderdag 25 Augustus is net om die draai. En die partytjied­ier Jerome sal hierdie feesvierin­g vir niks in die wêreld wil misloop nie.

 ??  ?? Jerome maak droog in Oos-Wes.
Jerome maak droog in Oos-Wes.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa